Prodigits |
! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.
* grappiesJokes > Topics
knormoer
Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel van ponde na rande verander het, en my oortrokke bankrekening verdubbel het. Ek was net besig om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van ponde en onse, en my oes verminder met die helfte.

Toe verander hulle die renval van duime na millimeter, en ons het sedert daardie tyd nog nie weer 'n duim ren gehad nie. Wat doen hulle toe? Bring 'n ding genaamd Celsius in en die temperatuur daal met twintig grade. Geen wonder my mielies wil nie groei nie. Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle grond, van morge na hektaar, en my plaas se grootte verminder met die helfte van wat ek oorspr*nklik gerf het. Dit is toe dat ek besluit om die plaas te verkoop. En glo my. Ek het pas my plaas in die mark gesit, toe verander hulle myle na kilometer. Nou is my plaas so flippen vr uit die dorp, dat niemand daarin belang stel nie!
0 Replies 196 Views 0 Bookmarks
topics posts

* grappiesJokes Forum
fav Bookmarks

* grappiesJokes

Awesome Wallpapers

Download PRODIGITS Android APP