@pieterpj | ||
ENIGE RESEPTE WELKOM. |
||
6
Replies
971
Views
1 Bookmarks
|
@pieterpj | 26 January 14 | |
SJOKOLADETERT 2 k kookwater 375 ml suiker 25 g margarien 125 ml maizena 62,5 ml kakao 1 ml sout 200 ml koue water 20 ml vanielje 1 pak tennis beskuitjies Verhit kookwater, suiker en botter saam tot kookpunt. Meng maizena, kakao en sout met koue water tot pasta. Roer by suikermengsel, roer aanhoudend en kook oor lae hitte tot dik. Haal van stoof af en roer geursel by. Smeer of bespuit bak met nie&8209;kleefmiddel. Pak laag beskuitjies op bodem van bak en smeer laag sjokolademengsel oor. Herhaal lae totdat beskuitjies en sjokolademengsel op is. Eindig met laasgenoemde. Plaas in yskas om te stol. Net voor opdiening kan styfgeklopte room oorgesmeer word. Versier met gerasperde sjokolade. |
||
@pieterpj | 26 January 14 | |
TUISGEMAAKTE BOEREWORS Piet Aucamp BB Motors Tzaneen (Ongeveer 3.5kg) 1.5kg - Bladstuk 1.5kg - Maer varkvlies 500g - Varkspek (7mm blokkies gesny) 85g - Worsderms 3 - Teelepels sout 1 - Teelepel peper 4 - Eetlepels koljander - Teelepel gemaalde naeltjies 1 - Teelepel gemaalde neutmuskaat &305; - Koppie asyn - Teelepel knoffel of knoffelvlokkies (opsioneel) Skroei die koljander tot ligbruin, maal en sif. Maal die bladstuk en varkvleis en voeg die res van die bestanddele by. Meng deeglik en stop die worsderms daarmee. |
||
@pieterpj | 26 January 14 | |
Tamatie en knoffelsop Tamatie en knoffelsop Metode: Kook Kombuis: Italiaans Genoeg vir: 4 -6 porsies Bereidingstyd: 25 minute Ingredients and Method Genoeg vir: 4 -6 porsies Bereidingstyd: 25 minute Oondtemperatuur: 200 C Baktyd: 40 minute Bestandele: 1 kg vars tamaties knoffelbol 2 uie, in kwarte gesny 50 ml olyfolie 30 ml balsemiekasyn 15 ml suiker 30 ml tamatiepasta 1 blik (410 g) keker-ertjies, gedreineer en afgespoel 400 ml groente-aftreksel 45 ml parmesaankaas, gerasper sout en varsgemaalde swartpeper na smaak vars basilieblare Metode: Voorverhit die oond tot 200 C. Halveer die tamaties en sit hulle met gesnyde kante na bo op n bakplaat. Halveer die knoffelbol en sit dit saam met die uiekwarte by die tamaties op die bakplaat. Drup die olyfolie en balsemiekasyn oor en sprinkel die suiker oor. Tamatie-en-knoffelsop Rooster vir sowat 20-30 minute of tot die groente sag is en die puntjies begin verkleur. Sit die tamaties en uiekwarte in n voedselverwerker. Druk die knoffel uit hul huisies en voeg dit ook by die tamaties. Puree tot glad. Skraap die puree in n kastrol uit en roer tamatiepasta, keker-ertjies en aftreksel by. Bring tot kookpunt. Druk die keker-ertjies met n aartappeldrukker fyn. Roer die parmesaankaas by. Geur na smaak met sout en swartpeper en prut vir n paar minute. Garneer met vars basilieblare en sit warm voor saam met kaas-croutons. |
||
@pieterpj | 8 May 15 | |
BOEREBESKUIT: Anna Eksteen Bestanddele 750 ml melk 750 ml suiker 500 g botter of margarien 25 ml sout 3,75 kg koekmeelblom 3 pakkies kitsgis 1 l water 3 eiers,geklits Metode Meng meelblom, kitsgis en sout saam. Kook melk, suiker, botter en water saam (oppas vir oor kook). Laat afkoel tot lou. Voeg eiers by. Voeg melkmengsel by meel en meng. Knie goed deur. (In dien n bietjie styf, voeg nog melk by.) Maak warm toe en laat rys vir ongeveer 1-2 uur of tot dubbel die grootte. Vorm balletjies, sonder om af te knie, en sit in gesmeerde panne. Laat rys op n warm plek tot dit in groote verdubbel het. Bak vir 1 uur in n warm oond (180 C). Net voor dit uitgehaal word, word glasuursel opgesmeer. (Klits 2 teelepel suiker met 1 eetlepel melk en smeer bo-oor.) . Sit terug in die oond tot dit blink en goudbruin is. . Keer uit op afkoelrakke. Sodra dit koud is, breek in stukke en droog uit in lou oond, 100 C vir ongeveer 5 tot 6 uur. |
||
@pieterpj | 26 March 16 | |
Hanno se Mielie-souffl met Feta n Makliker en vinniger resep as hierdie gaan jy nie maklik kry nie. Behalwe vir die room, is dit bestanddele wat mens altyd in jou koskas het. Baie lekker saam met braaivleis as hy net uit die oond kom, of sny hom in blokkies vir souttert as hy uit die yskas kom 1 blik roommielies 1 blik pitmielies 250ml room 2 eiers 5ml bakpoeier 62,5ml (kwart koppie) mieliemeel 125ml (halwe koppie) cheddar kaas, gerasper knypie sout 1 wiel Feta-kaas Gooi alles behalwe die Feta-kaas bymekaar in n mengbak en roer deur. Krummel die Feta-kaas bo-oor. Bak vir 45min op 180 grade. 26/03/2016 |
||
@pieterpj | 26 March 16 | |
KNARSBESKUIT (Louise) 5 Kop. Nutty Wheat 5 Kop. Bruismeel Kop. Suiker 3 eetlepels Bakpoeier 500 gm. Margarine (gesmelt) 2 tot 3 Kop. Karringmelk sout 1. Meng alles saam, laaste karringmelk 2. Sit in groot oondpan, bak ongeveer 3/4 uur teen 140 grade C. 3. Sny in vingers, droog in koel oond . 26/03/2016 |
||
KOFFIEKROEG Forum
Bookmarks
KOFFIEKROEG