
![]() |
@oubaas | |
EEN SE DOOD IS DIE ANDER SE BROOD - 31 Maart 2010 Een se dood is n ander se brood . . . dis n bekende spreekwoord. Een persoon se swaarkry kan dalk tot die ander een se voordeel wees. Mens kan hierdie stelling op twee maniere bekyk: dit kan negatief klink, bv. solank mense doodgaan het die begrafnisondernemer werk; of dit kan positief klink: die begrafnisondernemer is daar om n diens te lewer wanneer iemand tot sterwe kom. Ons staan nou in Paastyd en di*nk terug aan Jesus se sterwe sodat elkeen van ons kan lewe. |
||
30
Replies
2342
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/2 |
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Jesus se dood is ast ware my en jou brood. Hy het iets prysgegee sodat ek en jy iets kan ontvang. WAT Hy gegee het, is duidelik en wat ons ontvang het, weet ons, Maar, daar is so n paar interessante dinge waarna ons vandag kan kyk. . . .
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Na die vermeerdering van die brood, kom van die mense die volgende dag na Jesus soek:
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Johannes 6:25-40 En toe hulle Hom oorkant die see kry, vra hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het u hierheen gekom? Jesus antwoord hulle: Dit verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood ge-eet en versadig geword het. Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen. Hulle vra Hom toe: Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
En Jesus antwoord hulle: Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het. Hulle se toe vir Hom: Watter wonderteken kan u doen sodat ons dit kan sien en in u kan glo? Wat gaan u doen? Ons voorouers het manna in die woestyn ge-eet, soos daar geskrywe staan: Hy het aan hulle brood uit die hemel gegee om te eet. Jesus het hulle geantwoord:
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Dit verseker Ek julle: Dit is nie Moses wat vir julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar dit is my Vader wat vir julle die ware brood uit die hemel gee. Die brood wat God gee, is Hy wat uit die hemel kom en aan die wereld die lewe gee. Hulle se toe vir Hom: Meneer, gee ons tog altyd hierdie brood. Maar Jesus se vir hulle: Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Maar wat julle betref, Ek het reeds gese: Julle sien My, en tog glo julle nie in My nie. Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie. Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal he; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Nogal treffend. Net die vorige dag vermeerder Hy die brood en voed duisende met 5 brode en 2 vissies en steeds vra die mense vir nog n wonderwerk. Ek di*nk nie hulle was moedswillig nie, ek di*nk hulle was eerder so oorweldig en so soekend, dat hulle bevestiging wou he van wie en wat Hy was.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Die mense onthou die gebeure wat in die woestyn plaasgevind het en praat van die manna uit die hemel. Vir hulle was die brood uit die hemel n teken van redding, fisiese redding. Daardie brood was hulle voedsel, maar dit was net tydelik van aard. Nou herinner Jesus hulle dat dit nie van Moses afgekom het nie, maar van God af. Dan trek Jesus vir hulle hierdie treffende vergelyking as Hy se: Die brood wat God gee, is Hy wat uit die hemel kom en aan die wereld die lewe gee.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Dieselfde aksie. In die woestyn gee God brood en later gee Hy sy Seun wat Homself die brood wat lewe gee noem. Hier is egter n verskil. In die woestyn val die manna op die grond en die mense skep dit net op. Maar, toe Jesus kom, se hy (vers 35) Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Brood was stapelvoedsel en saam met enige ete ge-eet. Brood het deur die hele Bybel altyd n spesiale betekenis en nou maak Jesus hierdie vergelyking tussen Homself en brood. Brood wat lewe gee - ewige lewe . . . nooit weer honger nie!
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Johannes 6:39 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Dit is primer God se wil dat elke mens wat van hierdie brood wat lewe gee, sal eet. En weet jy wat? Net soos wat die 5 broodjies nie opgeraak het nie, raak hierdie brood wat lewe gee nie op nie! Jy kan aanhou brood breek, aanhou eet en aanhou uitdeel.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Die kern van Jesus se koms na die aarde toe, is toe die brood gebreek is. Dit was toe Jesus sterf. As Pilatus vir Jesus begenadig het, was die brood, net soos in die woestyn, sonder ewigheidswaarde. Die brood moes breek om die volheid van Sy voedingswaarde te bereik.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Johannes 6:54-58 Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank. Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur Hom lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Hierdie brood wat uit die hemel gekom het, is nie soos die manna wat julle voorouers ge-eet het nie. Hulle het dit ge-eet en tog gesterwe. Wie hierdie brood eet, sal ewig lewe.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Wow, diep woorde, of hoe? Jy weet mos as ons Nagmaal vier, dan breek ons die brood as simbool van Jesus wat gesterf het. Lukas 22:19 Dit is My liggaam wat vir julle gegee word. As die brood nie gebreek het nie, het dit vir ons geen waarde gehad nie. Besef jy die grootsheid van hierdie hele aksie? Sien jy die vergelyking met die gebeure in die woestyn? Die Israeliete tel manna op en eet dit. Hulle moes dit vat, dit eet en glo. Hoekom glo?
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Want hulle mag net elke dag een dag se voorraad optel. Hulle moes glo dat daar die volgende dag weer sou wees. Nou kom Jesus en Hy se: As julle glo sal julle lewe. As jy glo sal jy die brood aanvaar.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Jesus is die brood vir ons. In hierdie Paastyd di*nk ons nou terug aan die feit dat Sy liggaam gebreek is vir my en vir jou. Hier is n paar belangrike punte wat ons moet glo:
|
||


