
![]() |
@oubaas | |
WAAR WOON DIE LIEFDE? 8 Julie 2009 Waar woon die liefde? Wat is liefde? Hoe kan dit beskryf word? Kan jy daaraan raak? Kan jy die liefde sien? Ruik? Hoor? Liefde n wonderlike ding. Almal praat daarvan. Smag daarna. Hunker daarna. Baie flieks word daaroor gemaak. Mmm klink so lekker op die tong. Die liefde. Maar, waar is dit? Loop jy in n vertrek by jou huis in - dis nie daar nie. Ry jy in die straat - dit ontbreek ook daar. Selfs langs die stille rivierstroom, daar is niks liefde te vind nie. |
||
26
Replies
2846
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/2 |
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Klim jy op die hoogste berg en kyk na benede, sien jy niks liefde nie. In die mooiste natuurskoon, waar n sagte briesie waai, en die heerlikste aroma amper tasbaar is, daar is ook niks liefde nie. Klim in n vliegtuig en kyk verby die aarde se rondings - dis ook liefdeloos. Tuur met n teleskoop in die buitenste ruimte in, sien die planete se pragtige ringe, die mees kleurvolle gasstapels wat miljoen ligjare toring - jy soek verniet hier na liefde.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Ja, selfs in die mikroskopiese organismes wat volmaak georganiseer is, is daar niks, heeltemal niks liefde nie. Die liefde kruip nie in n stoorkamer weg nie, le nie in die woorde van boeke opgesluit nie, nie in die prag van goud en edelgesteentes nie. Dit lyk my die liefde het n manier om sy lyf skaars te hou as jy op die verkeerde plek kyk. Steek iemand dit dan weg? Kry jy daarvan in n vinnige motor? Is dit miskien verborge in n banknoot?
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Of kan jy dalk selfs bietjie daarvan koop met jou kredietkaart? Waar op aarde is die liefde??
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
1 Korintiers 13 Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks. Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en die van kennis sal uitgedien raak. Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees. Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind. Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieel en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Wow, een van die mooiste gedeeltes in die Bybel. Die Bybel God se liefdesbrief aan jou en my. En die grootste hiervan is die LIEFDE!
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Hoe hard ek ookal deur hierdie gedeelte gelees het, hoe goed ek dit ookal bestudeer het, ek kon niks daarvan kry wat ons netnou genoem het nie. Ja, my hond, Lullu, is baie liefderik maar dis ook al. Selfs in 1 Kor 13 kry ek steeds nie n greep op hierdie ding wat ons liefde noem nie. Ek wil so graag liefde aan sy handvatsels beetkry en dit beskou, daaraan ruik, in my hande ronddraai, daarmee speel soos met n bal maar ek kan nie!
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Lyk my die liefde is nou maar eenmaal ontasbaar, onruikbaar, onsigbaar. Wat is dit dan? As ek dan nie 1 kilogram liefde kan bekom nie waar gaan ek dit dan kry? Waarvoor sal ek vra? Waar sal ek daarvoor vra? Vir wie? Waar is die liefdeswinkel? Sjoe ek kan amper vra: bestaan die ding ooit? Moet wees, want die Bybel se so.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
1 Korintiers 13:4-7: Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Paulus beskryf dit as n entiteit as hy die liefde DIT noem. So kom ek by die ontdekking dat jy liefde net op twee plekke gaan kry, en dis in God (1 Johanne 4:8 Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde) en in die mens.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Jippie! Daar ontdek ons die bron en die stoorplek - dit is in God en in die mens se hart. Nou kan dit letterlik die wereld vol loop. Waar daar mense is, sal jy liefde vind. Op die hoogste berge, in die diepste dal, by die mooiste watervalle, fonteine, stroompies maar ook in die gevangenis en op die oorlogsfront - daar sal jy liefde vind. Die mens is n wonderlike stoorkamer van liefde.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Matt 22:34-40 Toe die Fariseers hoor dat Jesus die Sadduseers die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom, en een van hulle, 'n wetgeleerde, het Hom met 'n vraag probeer vastrek. Meneer, vra hy, wat is die grootste gebod in die wet? Jesus antwoord hom: 'Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel'
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: 'Jy moet jou naaste liefhe soos jouself.' In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Jy moet jou naaste liefhe soos jouself. Elke mens op aarde het liefde - selfs die mees geharde misdadiger sal waarskynlik sy ma of sy kind liefhe. Ons kan vra: Hoe kan iemand dit of dat doen as hy liefde in hom het? Goeie vraag. Maar weet jy, ons almal is maar geneig om die liefde-stoorkamer soms gesluit te hou.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Miskien ken jy hierdie lawwe storie:- Hoe weet jy of jou hond of vrou vir jou die liefste is? Jy maak hulle saam in die kattebak van die motor toe vir n uur of twee. Wanneer jy oopmaak, kyk jy wie die blyste is om jou te sien. Mmm besluit maar self of dit n weerspieeling van liefde is!!!
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Weet jy, dit lyk partykeer vir my of daar mans is wat hulle honde liewer het as hulle vrouens; hulle kraak hulle kinders meer af as hulle hond; die hond kry meer aandag as die gesin. Siestog man, en die hond gaan nie eens saam met jou oud word nie - hy leef net so 14 jaar ... miskien.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Ons raak soms verward met die konsep liefde. Ek vra baie keer op mannekampe vir die ouens: Wie is lief vir hulle vrouens?. Dan steek almal hulle hande op. As ek dan vra: Wie hou van hulle vrouens?, dan kom baie minder hande op. Jy sien, 1 Kor 13 se mooi goete. Vers 5 se: Hou nie boek van die kwaad nie - al gehoor van ou koeie? Is nie afgunstig nie - al gehoor van jaloesie? Soek nie sy eie belang nie - al gehoor van eie ek? Liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
|
||
![]() |
@oubaas | 10 July 09 |
Watter woorde klink mooier as: Ek is lief vir jou? Kry jou hart dit nog reg om jou lippe te oortuig om dit uit te spreek? Kan jou oe dit nog regkry om daardie spesiale laserstraaltjies uit te skiet? Kan jou hande dit nog regkry om met n byna magiese aksie iemand te oortuig dat hy/sy spesiaal is? Dra jou lyftaal en aksies nog daardie spesiale aroma deur die lug wat se: Hierdie persoon vind my spesiaal? Is daar n liefdeslied in jou psige wat hoorbaar is sonder dat klankgolwe iemand bereik.
|
||


