
![]() |
@oubaas | |
BOEKMERK HIERDIE BLADSY ASB. NEW!! Donkies vir Jesus / Donkeys for Jesus: Mobile: http://m.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0 Web: http://www.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0 For the latest news and updates please visit: http://oubaas.wapgroups.com/topic.asp?tid=155636 Get involved. Invite a few friends. / Raak betrokke. Nooi 'n paar vriende. |
||
98
Replies
12495
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/5 |
![]() |
@oubaas | 24 June 11 |
Dit gaan nie hier oor dit spesifiek slegs WITTES is wat betrokke is nie. Dit gaan oor die kritiek wat oor die haweloses van die wit bevolkingsgroep uitgespreek word. Moet asb. ook nie van my 'n rassis probeer maak nie. Jy gaan dit nie regkry nie!
|
||
![]() |
@oubaas | 24 June 11 |
EK IS 'N WIT PLAKKER EN WOON IN 'N WIT PLAKKERSKAMP EN EK IS TROTS DAAROP! Hoekom ons oordeel?
|
||
![]() |
@oubaas | 26 June 11 |
Die vraag is nou hoekom is daar wit plakkers? Hoe beland mense in sulke situasies? Moet hul bejammer word of nie? Ens, ens, ens.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 June 11 |
Terloops, as jy met my wil kontak maak KRY MY HIER ASB.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 June 11 |
Kom ek gee jou 'n paar redes hoekom dit so is. Dalk sal jy beter verstaan en nie so vinnig die wit plakkers, luiaards, skuim (ala Riaan van Heerden van Jacaranda Radio), te sleg om te werk of selfs boemelaars soos sommige mense ons noem nie, beoordeel nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 June 11 |
Hou in gedagte dat baie van ons kinders van God is. Kyk ook na my onderwerp My life at a mission. http://oubaas.mobigroups.com/forum/?page=topics2&tid=130224
|
||
![]() |
@oubaas | 26 June 11 |
Die lewe loop soms onverwagse draaie met 'n mens. Die wereldekomie verswak skielik baie erg. Derduisende, of eerder miljoene mense, het nie meer 'n werk nie. In Suid Afrika ook. Dit raak almal. Wit, swart, bruin. ALMAL.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 June 11 |
In China alleen het 20 000 000 mense gedurende Januarie 2009 nie meer 'n werk gehad om na terug te keer nie. Ons hoor daagliks op radio en tv hoe sleg dit daar gaan. Wat word van al daardie mense? Wie sorg vir hulle? Waar woon hulle?
|
||
![]() |
@oubaas | 26 June 11 |
'n Ou kletsvriendin van my woon in die VSA. Sy slaap snags in uiters gevaarlike toestande in 'n slaapsak in parke. Dit het eens voorspoedig met haar gegaan. Totdat sy begin siek word het. Sy is net so uitgewerp. Geen werk meer nie. Geen familie wat na haar omsien nie. Geen inkomste nie. Tog gaan slaap sy nie een aand honger nie. Hoekom? Omdat sy God ken en Hy sien om na haar. Sy het nog nooit in haar lewe gebedel nie. . . . Dankie Jesus!
|
||
![]() |
@oubaas | 26 June 11 |
Dit is 1986. Kosie is 32 jaar oud. Getroud. Het 1 kind. Na 'n gerondploeter van die een werk na die ander werk vind Kosie uiteindelik 'n firma waar hy gemaklik kan inpas. Die maatskappy het 'n paar fabrieke en takke landswyd. Hy maak vinnig opgang. Die firma stuur hom vir verdere deeltydse studies. Kosie word tot 'n bestuurspos bevorder met voordele. Hy het 100 mense onder sy beheer en sy departement gaan van krag tot krag, maar in 1993 begin dinge lelik skeefloop. Die ekonomie tuimel. Firmas begin mense afle. Kosie is ook 'n slagoffer. Hy soek hard na werk maar vind niks. Hy het 'n huis om af te betaal en daar is nou 2 kinders om te versorg.....
|
||
![]() |
@oubaas | 26 June 11 |
Kosie moet allerhande planne beraam om sy gesin te versorg. Hy kry wel later werk na sy kinders groot is en nadat hy geskei is tot 2009 toe die ekonomie weer tuimel. Kosie verloor als. Niemand kan of wil hom bystaan nie. Nou is hy skielik TE OUD om werk te kry. Adverteerders wat werk aanbied se aan hom dat hul tot 1 000 aansoeke kry! Einde ten laaste land hy in 'n sg. wit plakkerskamp...,
|
||
![]() |
@oubaas | 3 July 11 |
Nou ja, kom ons pak die bul by die horings en bespreek die probleem. Dalk kan ek iemand wat sleg di*nk van ons oorreed om eerder meer simpatiek op te tree...
|
||
![]() |
@oubaas | 3 July 11 |
Die ou spreukwoord se mos: Jy wat in n glashuis woon, moenie met klippe gooi nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 3 July 11 |
Spreuke 16:20 Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou is gelukkig. |
||
![]() |
@oubaas | 3 July 11 |
Mattheus 6:25, 26, 33 Daarom se ek vir julle: Moenie julle kwel oor julle lewe - wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam - wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voels van die Hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Maar soek eers die koninkryk van God en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. |
||
![]() |
@oubaas | 3 July 11 |
Dit is Dinsdag 21 Junie 2011 omstreeks 19:00. Dis winter. Die termometer se dis 8c. Ek, Stof, Lida en Louise is byeen hier by die Betlehem Sentrum vir ons gebruiklike bybelstudie / biduur sessie. So voor die amptelike verrigtinge begin sit ons en skerts ligtelik oor n heerlike koppie koffie (wat nogal n skaars luuksheid is by ons) en die term WIT PLAKKERS kom ter sprake..... Al wat ons het om lig te gee is n halwe kers. Die koffiewater is op n amper lee gasstoof gekook.
|
||
![]() |
@oubaas | 3 July 11 |
Mattheus 7:1,2,3 (1953) Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar di balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
|
||
![]() |
@oubaas | 3 July 11 |
Woensdag 22 Junie ongeveer 7:00. Die termometer se dis -4c in my wendy. My koffie is klaar. My suiker is klaar. My melkpoeier is lankal klaar. Daar is nog 2 pakkies sop in die kas, maar helaas my gel vir die gelstofie is ook klaar .....
|
||
![]() |
@oubaas | 3 July 11 |
Ek is bietjie vervelig en gryp my selfoon wat genadiglik die vorige dag deur iemand gelaai is, en gelukkig het ek nog n bietjie lugtyd oor. Ek paan na Google en tik die soekterme Wit plakkers in, en ek kom op hierdie af: http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Wit-plakkers-Dis-mos-nou-stank-vir-drank-20110103 |
||
![]() |
@oubaas | 3 July 11 |
Ek lees die brief wat geplaas is en by die 3de of 4de kommentaar hou ek op lees. WOW!!! Dis al wat ek kan se....
|
||


