Page #: 3/14 |
@oubaas | 31 March 08 | |
Thank You LORD for carrying us when we need it most. How great are Though! Thank You for leading Judy to tracks which Your children left in the cyber jungle. In Jesus Name. Amen.
|
||
@endtimes | 31 March 08 | |
Sisi that is an awe inspiring testimony, thank you for sharing it with us
|
||
@seastarr | 31 March 08 | |
Thank you God for my christain friends You sent me.
|
||
@pompie_1 | 1 April 08 | |
Liewe Heer, dankie vir al u seeninge, elke dag en dat U so genade is mt ons, danki vir die Christene wat U op my pad gesit ht en dat U wel na ons versoeke luister en op U tyd dit vir ons dit gee en ni op ons tyd ni. Prys die Here, Hy is gud vir ons.
|
||
@oubaas | 17 April 08 | |
Hier is Gideon Volschenk se kort getuienis soos deur sy vrou, Sonet, aan my verskaf: Sal n mens ooit genoeg dank aan die Here se genade kan gee? Opreg kan ek se, dat ek lewe nou en tot in ewigheid net vir my Skepper, want Hy het my oe oop gemaak die dag toe ek amper die genot van die lewe, van die duiwel aanvaar het. Maar my Vader het gespreek in my hart en hy het my beantwoord toe ek om hulp gevra het. Vader 'n sandkorrel het 'n baksteen geword en die baksteen het 'n muur geword kyk na my huwelik dit is n doringbos, my skuld, vergewe my. Kyk na my misbruik van drank, my skuld, vergewe my. Kyk na Vaderskap in my huis ek is 'n vreemdeling in my huis vir my kinders en vrou, my skuld, vergewe my. Spreek my Heer want ek bely. Ek kan nie die hele getuienis nou gee nie, van wat ek was en hoe God besig is om my nou te vorm nie. Hy het my vergewe, en Hy het my huwelik gered en Hy het my die opregte hoof van my huis gemaak, sodat die liefde van my kinders en vrou weer sterker as ooit in ons harte skyn. Ek het my hart op 31jr ten volle en opreg vir my Skepper gegee. Want Hy seen my met die talente wat Hy vir my geleen het. En waarom sal ek Hom nie die Vader van alles noem nie, want Hy is die God Almagtige (El-Elohim). My cd is nog nie op die rakke nie, maar as julle belangstel die prys is R80-00 julle kan bestel by die volgende nommers: Sonet 0842401870 of email na gideon@ntp.co.za of ontvangs@pjngroup.co.za Vir besprekings en optredes ook by dieselfde nommer. Als wat ek doen, doen ek vir my Skepper daarom sal ek R20 van elke cd en 10% van elke optrede waar ek Sy word spreek vir God se werk gee. |
||
@feriluck | 18 April 08 | |
My dank en waardering aan almal wat vir christie van springs gebid het! Sy het haar werk terug. Maar my grootste dank aan n Vader wat nooit te doof is, te blind is en nooit opgee met Sy kinders!
|
||
@oubaas | 18 April 08 | |
Amen! Prys die Here!
|
||
@oubaas | 18 April 08 | |
Per epos ontvang: Hallo, liewe vriende, Ons dien voorwaar 'n fantastiese God vir wie niks onmoontlik is nie!! Hierdie briefie is net om te vertel van die wonderwerk wat ek beleef het, en aan God al die eer daarvoor te gee! Die afgelope Woensdag, 9 April, het ek beleef wat seker enige ma se grootste nagmerrie is - ek het ons seuntjie gekry waar hy dryf op ons swembad. Potblou, starende o, dood!!!!!! Ek het in die swembad ingeklim en hom uitgehaal en net teen my vasgedruk en begin bid. Ek het in die huis gaan sit en vir die meisiekinders ges dat ons moet bid, en ons het net gebid. Enkele minute daarna het my seuntjie 'n geluid gemaak en begin asemhaal!!!! Daarna het hy stadig weer begin bykom. Ons het begin om lof- en dankliedere te sing tot eer van ons God. 'n Skamele 15 minute nadat ek my seun dood uit die swembad gehaal het, het ek na hom gestaan en kyk waar hy saam met sy sussies sit en blokkies bou!!! So gesond en normaal asof dit nooit gebeur het nie!! Wat 'n groot en wonderlike God dien ons! Ek kan nie genoeg vir Hom dankie s en aan Hom die eer gee nie. My seuntjie was dood, maar hy lewe weer - Christus het hom uit die dood opgewek!!!!! Ek kan nie beskryf wat dit vir my is nie!!! Toe ek die aand langs hom in die bed l waar hy rustig slaap, het ek vir die eerste keer daaraan gedink dat die normale ding om te doen seker sou wees om die medic-alert panic b*tton wat ek tot my beskikking het, te druk.Of om CPR toe te pas. Maar ek het toe ook besef dat die medic-alert ouens niks vir hom sou kon doen nie. Hul sou net vir my ges het, jammer mevrou, maar jou seuntjie is reeds dood! Dit was net die Vader wat iets vir hom kon doen. Die wonderwerk wat Jesus in Adriaan se liggaam gedoen het, is absoluut mind-boggling!! Hy het geen water ooit opgebring of uitgespoeg, geroggel of gehoes nie. Hy het net weer begin asemhaal, en al sy liggaamsfunksies was onmiddelik so normaal soos voorheen.Ek het na die tyd eers besef hoe die Vader my kalm gemaak het, want ek het geen oomblik enige angs ervaar, gehuil, geskree of enigiets nie. Ek het toe ook eers besef dat die Vader absoluut net elke aksie van my oorgeneem en my NIKS laat doen het nie, sodat al die eer Hom alleen toekom!!! Ons dien 'n lewende God wat deur Jesus Christus vandag steeds dooies opwek!!! Halleluja!! Prys Sy Naam.... Daar's 'n liedjie wat op my kinders se Jan de Wet CD is, wat die hele tyd in my kop maal sedert Woensdag. Vertel dit aan die wreld, vertel dit aan die wreld.Vertel dit aan die wreld dat Jesus Christus leef!!!! Vertel hierdie getuienis van wat die Here vir ons gedoen het en van die groot en ontsagwekkende God wat ons dien, asseblief aan die hele wreld..... Mag julle ook ervaar hoe Jesus gebede beantwoord in jul daaglikse lewe, en mag jul ook Sy wonderwerkende krag beleef! Baie liefde en vrede... Ester Saayman. |
||
OUBAAS Forum
Bookmarks
OUBAAS