
![]() |
@oubaas | |
Ek soek dringend na iemand wat my kan help om die verdere dagstukke vanaf die Heuning webwerf by my HEUNING en HEUNING-HONEY groepe te 'copy en paste' asb. Asook om my te help om foutiewe skakels, ens te editeer. Enige iemand wat bereid is om te help inbox my of kontak my op facebook http://www.facebook.com/oubaas55 . By voorbaat hartlike dank. Facebook blad vir hierdie onderwerp: http://m.facebook.com/groups/57350209896?view=permalink&id=10151889512009897&refid=17&_ft_=src.24%3Asty.308%3Aactrs.1177475984%3Apub_time.1348456628%3Afbid.10151889512009897%3As_obj.4%3As_edge.1%3As_prnt.11%3Aft_story_name.StreamStoryGroupMallPost%3Aobject_id.57350209896%3Aobject_timeline_token_map.Array |
||
61
Replies
16690
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/4 |
![]() |
@oubaas | 7 January 12 |
Na vele gebede was ek dankbaar geseen deurdat iemand my van toerusting voorsien het om my selfoon se battery te kan herlaai. Daar is 'n persoon is wat 1 keer per week mission toe kom, en kan ek dus op 'n gereelde grondslag die nodige fasiliteite roteer en sodoende my selfoon se battery meer gereeld herlaai. Die probleem is net dat ek so besig is op die netwerk dat ek dit net-net nie maak nie, en my foon is bietjie gehawend en boonop is 1 battery besig om te groet. Ek vra dus nederig dat ons saamstem dat 'n samaritaan of samaritane my te hulp kan wees met apparate soos uiteengesit by kommentaar. Amen. Ten eerste as iemand dalk 'n nokia e65 het wat hul nie meer gebruik nie, kan hul dit gerus na my kant toe gooi. Ek is nogal gemaklik met die foon. Dan sal 1 of 2 ekstra batterye ook welkom wees. Die generiese Isha battery blyk nogal 'n redelike kwaliteit te wees. Ek het 2. Die een wat nou agteruit gaan gebruik ek al 'n skaflike 17 maande lank. Op dit staan For nok n95. Vir die herlaai doeleindes kan ons kyk na 1 of 2 CSB GP1272 12v 28w batterye (of soortgelyk) plus 1 of 2 sonpanele wat 12v @ 20w uitsit. Wat my beligting aanbetref sit ek met 'n Pharox Solar Kit wat nie 'n goeie kwaliteit blyk te wees nie. Ek sit ook met 2 waarvan die batterye reeds die gees gegee het. Die battery tans in gebruik is: T.E.T 6M 1.3 (6v; 1.3ah) Maintenance-free rechargeable lead-acid. As ek dus 2 of meer van soortgelyke battery kan kry sal dit my baie help asook 1 of 2 sonpanele wat 6v @ 10w uitsit. Baie dankie. |
||
![]() |
@oubaas | 28 February 12 |
Geliefdes ek is regtig verlee vandag. Ek vra nie maklik geld of lugtyd nie, maar ek het dringend lugtyd asook data (vodacom) nodig vir paar dringende sake. Elke bietjie sal help. My selnr is NUL AGT TWEE 957 9443. Ek se byvoorbaat baie dankie. Geseende dag vir almal.
|
||
![]() |
@gawie | 19 April 12 |
MENSE GESOEK: Daar het waarskynlik op Dinsdag 17/04/2012 'n artikel verskyn oor en Gabriel Prinsloo en sy moeder Lena van die Pretoria-Wes omgewing. Iemand wil dringend met hulle kontak maak. |
||
![]() |
@gawie | 19 April 12 |
Is daar dalk iemand wat my kan seen met 'n 7 of 10lb gasbottel en kookplaat vir dit asb? Ek sal dit hoog op prys stel. Die gel vir die gelstofie werk my te duur uit.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 June 12 |
Ek soek asb. DRINGEND mense wat bereid is om kos, komberse, toiletries en klere in te samel en aan ons te besorg vir 40 gesinne. Die 40 gesinne woon in die Hercules omgewing, Danville, Elandspoort en Pretoria-Wes/Proklamasie Heuwel en ook Pretoria Noord. In totaal is daar +- 140 tot 160 mense wat bedien kan word, d.w.s. 70 tot 80 volwassenes - waarvan sommige enkelouers - en 70 tot 80 kinders). Dan is daar nog 'n kinderhuis met 15 kinders ook. Die getalle groei daagliks. Baie dankie. Senwense. Gawie http://m.facebook.com/Oubaas55?v=info Lees asb.: PLEIDOOI. http://oubaas.wapgroups.com/forum/?page=topics2&tid=163181 |
||
![]() |
@oubaas | 13 June 12 |
![]() |
@oubaas | 3 July 12 |
Vriende van my trek einde Julie Pretoria toe. Die man het in Waltloo werk gekry. Hul soek dringend blyplek vir nie meer as R4500 p.m. nie, verkieslik in die omgewings soos onder genoem. Hul het 2 karre. Help soek asb. Groete. Gawie. http://m.facebook.com/oubaas55 Areas: Rietfontein, Waverley, Villeria, Gezina, Queenswood, Riveira, Kilnerpark, Silverton, Mregloed, Wonderboom Suid. |
||
![]() |
@oubaas | 3 July 12 |
Donkies vir Jesus Projek: Liewe vriende, Ek wil 'n ernstige beroep op almal doen om komberse, klere, kospakkies, ens. te help insamel en/of te skenk vir die plakkers in Bremerstraat, Pretoria, wie se skuilings onlangs tot op die grond afgebrand het. Dit was Sondag 'n hartseer gesig toe ek saam met iemand daar verby is, om te sien hoe mense en kindertjies in die oorblyfsels krap opsoek na seker waardevolle goedjies. Mense wat wil help of bydra kan my skakel by 0829579443. Afleweringsadres sal op navraag verskaf word. Baie dankie. Senwense. Gawie Janse van Rensburg. http://m.facebook.com/oubaas55 Donkies vir Jesus / Donkeys for Jesus. http://m.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805 |
||
![]() |
@gawie | 14 July 12 |
Dame van Danville, Pretoria werk vir karige salaris en het behoefte aan kospakkies. Mag die Vader na haar behoeftes omsien. Enige een wat dalk wil bydra kan oubaas inbox asb. |
||
![]() |
@oubaas | 27 July 12 |
* Original message * From: anoniem Sent: 10:23:23 26-07-2012 To: gawie Plaas asb anon. Ek is n enkelma van 4 kids. Ek is tans werkloos. Het blyplek verloor. Ons moet 31 julie uit wees. Ek soek net tydelike blyplek tot ek op my voete is asb. Kan iemand ons asb help. Dis baie dringend asb. Baie dankie Pretoria area. *** Enige iemand wat kan help inbox my net asb. Dankie. Gawie. |
||
![]() |
@oubaas | 27 July 12 |
Hulp gesoek. Anon. Gesin van 3 vra asb kospakkie is van kemptonpark. Die pa het onlangs by nuwe werk begin werk. dankie oom gawie *** Enige iemand wat kan help inbox my asb. Gawie. |
||
![]() |
@oubaas | 27 July 12 |
.Dringend asb! Jong persoon met dwelmprobleem soek dringend hulp. Sal vrywillig vir rehabilitasie gaan. Pretoria area. *** Enige iemand wat kan help met inligting waar die persoon gehelp kan word kan my inbox asb. Gawie. |
||
![]() |
@oubaas | 26 August 12 |
Hawelose persoon met geen inkomste te Pretoria kan blyplek bekom, maar kort 'n bed en beddegoed. Vaste bydraes (bv. maandeliks) tot voedselbehoeftes sal ook waardeer word. Enige een wat kan help kontak asb. vir Gawie Janse van Rensburg by selnr NUL AGT TWEE 957 9443 of op facebook http://m.facebook.com/Oubaas55?v=info OF by die facebook groepe Donkies vir Jesus en Hande van Hoop. Baie dankie. Seenwense. Gawie. |
||
![]() |
@oubaas | 26 August 12 |
Antjie Kroch gedig - Hiffel en Fiffel. Facebook vriendin van my soek die bewoording. http://m.facebook.com/groups/304095766282805?view=permalink&id=523981254294254&refid=7&_ft_=src.24%3Asty.308%3Aactrs.100001375301243%3Apub_time.1345979400%3Afbid.523981254294254%3As_obj.4%3As_edge.1%3As_prnt.11%3Aft_story_name.StreamStoryGroupMallPost%3Aobject_id.304095766282805%3Aobject_timeline_token_map.Array |
||
![]() |
@oubaas | 24 September 12 |
Goeie vriendin van my is dringend opsoek vir 'n saamrygeleentheid vanaf Pretoria na Witbank en terug. Moet 'n weeksdag wees en terwyl die skole aan die gang is. Sy is 'n werklose enkelouer met 'n kind en het dokumente nodig vir 'n werksaanbod. Enige iemand wat kan help kontak my asb. Baie dankie. Blessings.
|
||
![]() |
@oubaas | 25 September 12 |
Ek vra nie geld nie. Ek vra net hulp groot asb! Enige iemand wat my kan help met R300 net tot die naweek, kontak my asb. by selnr. NUL AGT TWEE 957 9443. Ek het dringend paar goedjies nodig. As u kan help betaal asb in by Shoprite Moneymarket en sms u voorletters en van, die bedrag inbetaal, die M nommer en die pin kode asb vir my. By voorbaat baie dankie. Seenwense. Gawie. |
||
![]() |
@oubaas | 27 September 12 |
* Original message * From: anoniem Sent: 13:50:53 27-09-2012 To: gawie Subject: FW: Re: Request for help Hi, eks jammer ek vra weer maar kan jy asb weer my versoeke plaas? Ek het geen reaksie gekry van enige iemand af nie. En dit raak net al erger. Ek sukkel om werk te kry en ek het net 'n pakkie mielie meel oor om vir my kids te gee vanaand. Ek vra groot asb as daar iemand is wat my kan help. Baie dankie. Plaas asb anoniem. KEMPTONPARK AREA. |
||
![]() |
@oubaas | 28 September 12 |
Original message * From: anoniem Sent: 05:39:06 28-09-2012 To: gawie Subject: FW: Re: Anoniem More gawie ek is 37j wit dame van pta ek maak huise skoon v n inkomste verdien nie baie ni mensies ek vra groot asb hulp met kruideniersware baie dank watsup no 0748106804 asb ni bel ni ek is doof kan ni oor foon praat ni ------Original Message------ From: Gawie To: anoniem Subject: Re: Anoniem Sent: Sep 28, 2012 06:40 More Anoniem. Stuur vir my 'n vars versoek met die volgende inligting asb: 1) Volle besonderhede van hulp gesoek. 2) Area. 3) Kontakbesonderhede. Dit gaan dit net makliker maak vir my. Dankie Baie. Gawie. On 9/28/12, anoniem wrote: More gawie en almal hier ja ek weet k het al gevra en k kom vra weer omdat k nog nie hulp gekry het nie mensies k vra groot asb of enige een ons kan help met kossies asb Sent from my BlackBerry |
||
![]() |
@oubaas | 2 December 12 |
PRETORIA. Kom ons vat hande en bid asb. saam: Vrou met sober gewoontes in die middel 30's met 1 skoolgaande afhanklike het geen inkomste of heenkome nie. Sy is baie hardwerkend, eerlik en Godsvresend. Sy is bereid om oumense te versorg. Mag die voorsienigheid vir haar 'n uitkoms bring. Vir meer inligting kontak my asb: Gawie Janse van Rensburg. http://m.facebook.com/Oubaas55?v=info |
||
![]() |
@oubaas | 8 December 12 |
Vir diegene wat nie weet nie: Ek is 'n behoeftige met geen inkomste nie, en het 2 jaar terug in 'n sg. 'wit plakkerskamp' gaan woon omdat daar geen ander uitweg vir my was nie. Ek neem dus die vrymoedigheid om vir ondersteuning te vra. Ek het tans 'n hele paar behoeftes: 1) My 7lb gasbottel is feitlik leeg. 2) Ek kort suiker, melkpoeier, koffie, seeppoeier, sunlight seep, jik, kerse, skeerroom, badseep en toiletpapier. 3) Ek kort bietjie vodacom lugtyd (databondel) om die fb groepe waar ek admin is te onderhou en aan die gang te hou. 4) Ek het my dogter, haar verloofde en kleinseun 2 jaar laas gesien en haar wens is om my kersfees by hul te h op Henly-on-Klip. Die goedkoopste bustarief wat ons kan kry is R260 by Translux vir 'n enkel kaartjie (dus R520 retoer). Hul stop net op Vanderbijlpark en het mens dus weer onkoste terug Henley toe. Ek sal ook graag vir kleinman 'n persentjie wil koop. As u kan help kan ek my bankbesonderhede vir u gee. Ek sal dit opreg waardeer. Seenwense. Gawie Janse van Rensburg. http://m.facebook.com/Oubaas55?refid=5 |
||


