
![]() |
@oubaas | |
BOER SE RATE: ( Omdat daar so baie is word net die mees algemene klagtes hier aangedui ). Kom deel jou rate by OPPIE KOFFIE |
||
78
Replies
53096
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/4 |
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
AAMBEIE: Eet papaja saam met die pitte. Net 'n paar pitte op 'n lepel papaja sal die aambeie laat krimp. Maak sal van 'n bietjie kanferolie, stysel en Vaseline. Smeer aan aangetaste dele. Laat 5ml pietersielie op 250ml warm water trek. Syg deur en drink 2 keer per dag.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
ABSESSE: 'n Skyfie groen tamatie wat oor die abses gebind word, sal help om die infeksie te verlig. Gestampte knoffel kan om die abses gebind word. Dit is 'n natuurlike antibiotikum. Klits eiergeel en sout saam en verf op die abses.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
AKNEE: Smeer aptekers paraffien aan gesig en los vir 5 minute. Was met warm water en seep en dan met yskoue water. Droog goed af. Gebruik gelyke hoeveelhede suurlemoensap en water om die vel mee te was. Drink elke dag 'n koppie brandneteltee.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
ALLERGIE: Meng 10ml appelwynasyn en 5ml heuning in 'n glas warm water en drink stadig voor elke maaltyd.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
ANTIBIOTIKA: Sluk een huisie knoffel daagliks met 'n glas water.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
ARE ( VERKALKING ): Sluk een teelepel wit Vaseline of petroleumjellie twee keer per dag. Drink soveel karringmelk of dikmelk as moontlik. Die suurmelk vreet die verkalking weg. 1 eetlepel salpeter, 1 bottel wonderkroonessens en 1 bottel kookwater. Gebruik 3 maal per dag 1 eetlepel daarvan.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
ARTRITIS: Halwe Teelepel kremetart in 'n glas water op 'n nugter maag, elke oggend. 'n Koppie rooibostee soggens en saans met 2 teelepels heuning, 2 teelepels suurlemoen of appelasyn. Gebruik Break Fluid van motors. Dip dit op die seer plekke. Nie smeer nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
ASEM ( SLEGTE ): Kou rou pietersielie. Drink tee van laventelblare of blomme. Kou sade soos anys, koeksaad, dille of vinkel.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
ASMA: Drink 5ml skoon suurlemoensap om die slym te verwyder. Drink 'n koppie pietersieliesap vir verligting. Maak van 'n blikkie Zambuk-salf pilletjies, so groot soos 'n pinkienael. Rol dit in strooisuiker. Sit dit op 'n velletjie toebroodjie papier in die yskas. Sodoende is dit altyd byderhand tydens 'n aanval. Sluk 2 -3 pilletjies op 'n slag af.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
ATLEETVOET: Spons af met skoon appelwynasyn. Gepoeierde knoffel kan ook help. Smeer kanferroom aan.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
BEDSERE: Maak hande nat en vryf Sunlight seep (groen koekie seep )in die vel. Meng die wit van 'n eier en brandewyn en vryf dit oor die vel waar die bedsere is. Sit heuning op 'n stukkie gaas en plak dit oor bedsere. |
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
BLAASONTSTEKING: Trek krui t soos tee en drink 'n warm koppie vol. Boegoetee of boegoekapsules kan help. Meng 5ml appelwynasyn in 250ml warm water en versoet met heuning. Neem 2-3 maal per dag.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
BLASE: Kook koolblare in melk en plaas oor die blaas as dit afgekoel is. Strooi dro mielieblom oor voetblase. Gebruik gerasperde wortel as 'n kompres vir 'n blaas.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
BLOEDARMOEDE: Meng 12.5ml melasse in 'n koppie warm melk en drink dit saans voor slapenstyd. Week 30g roosmaryn in 1 liter kookwater vir 5-10 minute. Syg deur en drink 3 koppies per dag.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
BLOEDDRUK (HOOG): 'n Halwe glas sorghumbier. Gerasperde aartappel met 'n koppie warm water daaroor.- drink dit as dit afgekoel het. Druk 'n halwe pomelo uit, vul glas verder met limonade.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
. BLOEDDRUK (LAAG) Eet baie liquorice (drop). Neem 'n knippie sout op die tong en voel gou-gou beter. 1 deel whisky, 3 dele heuning - meng. Neem een kelkie vol elke aand voor slaaptyd.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
BLOEDSIRKULASIE: Knoffel in die dieet bevorder bloedsirkulasie. Gebruik roosolie om die liggaam te masseer.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
BLOEDVERGIFTIGING: 'n Knippie gebluste kalk op 'n halwe glas water. 'n Skyfie ui kan oor die septiese plek gebind word om die kwaad uit te trek. Vat 'n ou linnelap en maak dit goed nat met brandewyn., draai om die plek. Herhaal wanneer die lap droog geword het.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
BLOUBLASIE STEEK: Gooi vleis sagmaakmiddel op. (Tenderiser ). Neem jou urine en dab dit aan. Moenie smeer nie. Die sap van 'n alwynblaar.
|
||
![]() |
@oubaas | 31 March 09 |
BRANDBOUDJIES VAN BABA: Meng 1 eetlepel Vaseline met 1 eetlepel margarien deeglik. Smeer 3 keer per dag aan. Koringsemels, water opgegooi, getrek en deurgesyg. Vee die boudjies daarmee af. Meng los sinkoksiedpoeier met kasterolie tot 'n salf. Smeer aan.
|
||


