
![]() |
@6j0 | |
WEES GEWAARSKU!!!!!!!! SUIDLANDERS / Prof. Johan Malan, Middelburg Siener van Rensburg en die Boerevolk Prof. Johan Malan, Middelburg Twyfelagtige profesie oor n broeiende konfrontasie tussen swartes en wittes in Suid-Afrika doen vir jare reeds die ronde. Daar was onlangs weer n vlaag SMS- en epos-boodskappe waarin beweer word dat Nelson Mandela op sterwe l en dat n vreeslike bloedbad daarna sal plaasvind, waarin duisende blankes vermoor sal word. Hierdie gerugte kom van ekstreme Israelvisiegroepe af wat n eiesoortige toekomsverwagting het. Di groepe glo aan die dwaling dat die blanke nasies direkte, biologiese afstammelinge van die tien stamme van Israel is, en in n ewigdurende konfrontasie met die anderskleurige heidense nasies is. Israelvisiegroepe plaas hulleself in n Ou Testamentiese situasie waarin God op verskillende tye openbarings deur middel van profete aan sy volk gemaak het. Hulle aanvaar nie die feit dat die Bybel klaar geskryf is en die volle raad van God vir die mens bevat nie. As gevolg hiervan is hulle vir buite-Bybelse profesie deur selfaangestelde profete oop, en kan sodoende maklik mislei word. Een van die sogenaamde Boere-profete wat steeds aangehang word, is Siener Van Rensburg. Hy het duidelik in sy denke n vorm van vervangingsteologie gehuldig en dit het ook in sy drome en visioene neerslag gevind. Siener het die Boerevolk in die plek van Israel gestel net soos wat die Israelvisie ook doen en na aanleiding daarvan profesie wat op Israel betrekking het, op die Boerevolk van toepassing gemaak. As gevolg hiervan het daar n baie skewe en krom vertolking van eindtydse profesie van hom af gekom n soort groot verdrukking in Suid-Afrika onder n swart regering wat deur n tipiese messiaanse figuur gelei word, iemand wat feitlik deur almal aanbid word. Die Bybel is baie duidelik daaroor dat die Antichris in die eindtyd beheer oor Israel (die werklike volk Israel in die Midde-Ooste) en ook oor al die ander nasies sal kry (Dan. 9:27; Op. 13:5-7). Hy sal homself in Jerusalem tot God verklaar (2 Thess. 2:4), Israel se nasionale godsdiens afskaf (Dan. 11:31) en die aanbidding van alle mense opeis (Op. 13:15). Hy sal sewe jaar lank regeer (Dan. 9:27). Hierdie tyd word in twee helftes van 42 maande elk verdeel (vgl. Op. 13:5). Aan die einde van sy skrikbewind sal die Antichris deur Christus se wederkoms verdelg word (2 Thess. 2:8; Op. 19:19-20). Die fokusgebied vir hierdie gebeure sal Israel wees (vgl. Sag. 14:4-5,12-13) en nie Suid-Afrika nie. Die Israelvisie het in die lig van hierdie profesie tot die verkeerde gevolgtrekking gekom dat die Boerevolk vir n tyd lank onder die dwingelandy van n antichristelike swart regering sal staan, maar dat hulle n 42 maande van di regering se oorheersing bevry sal word. Dit het by baie van hulle die verwagting geskep dat die ANC-regering, wat in 1994 aan die bewind gekom het, vroeg in 1998 tot n val sou kom. Daar was selfs die verwagting dat Mandela, wat toe staatspresident was en op n buitelandse besoek was, in n vliegtuigongeluk sou sterf en dat die waarnemende president, Gatsha Buthelezi, dan aan die bewind sou kom en saam met die Boere die land sou oorneem en regeer. Dan, het hulle ges, sou oom Siener se profesie oor die bevryding van die Boerevolk vervul word. Volgens ander profesie van Oom Siener sou die bevryding teen die draai van die eeu kom, m.a.w. in die jaar 2000. Daar sou n nag van terreur wees waarin die Boere in opstand sou kom en deur die Here se hulp die juk van vreemde oorheersing afwerp. Een van die Israelvisie-ondersteuners het my uit Kaapstad gebel en verseker dat vroeg in die jaar 2000, met die geelperske-ren, die groot stakings sal begin wat die land sal laml, dan sal die verwagte bloedbad volg waarin die blankes uitgemoor sal word. Ek het hom verseker dat dit nie sal gebeur nie, omdat daar nie in die Bybel so-iets ten opsigte van Israel voorspel is nie. Profesie van Oom Siener en Johanna Brandt is egter deur sekere Israelvisie- n ander regse groepe aangegryp, en planne is gemaak om die regering onder meer deur terreurdade tot n val te bring. Kos, medisyne en wapens is vir die stryd opgegaar. Nie alle Israelvisiegroepe het hierdie strategie ondersteun nie, maar het nogtans die hoop gekoester dat daar deur n goddelike ingryping bevryding sou kom. Dit het nie gebeur nie, en hierdie verwagting wat deur buite-Bybelse profete geskep is, was grootliks daarvoor verantwoordelik dat van die Boeremaglede tot n militante bevrydingstryd toegetree en in die gevangenis beland het. Hoewel Siener se profesie sedertdien baie van hulle geloofwaardigheid verloor het, is daar steeds Israelvisiegroepe wat al hulle geloof in sulke buite-Bybelse profesie stel. In Mei 2004 het Dirk van Vuuren van die Dogter van Sion n boodskap aan Nelson Mandela, die regering en die media gerig waarin hy profesie aanhaal van God se oordele wat oor Suid-Afrika uitgestort sal word (onder andere verwoestende natuurrampe) indien die Boeremaglede nie uit die tronk vrygelaat word nie. Hy het die boodskap wyd per epos uitgestuur, ook aan my, omdat ek mense teen die Israelvisie waarsku. Direkte woorde van Jahweh word aangehaal, soos na bewering aan sy profetes, Linda Newkirk, die sg. White Buffalo Calf Woman, geopenbaar is. Hierin eis Jahweh dat sy volk, Israel, soos van ouds in Egipte, deur die moderne Farao vrygelaat sal word anders sal Hy groot oordele oor die regering en sy mense uitstort. Niks het egter gebeur nie, en intussen het Linda Newkirk in onguns verval en word sedertdien as n valse profetes beskou. Die nag van die lang messe Vir etlike jare reeds is Israelvisiegroepe besig om paniek in die land te saai deur valse gerugte dat sekere radikale elemente in die ANC/SAKP alliansie besig is om n bloedbad te beplan waarin hulle alle blankes in die land wil uitmoor. Mandela word egter as n gematigde persoon beskou wat sulke optrede sal testaan, daarom word daar na bewering net gewag totdat hy sterf voordat die bloedbad sal begin. Hierdie operasie staan onder verskillende name bekend, onder andere Operation Uhuru, Operation white clean-up, en Night of the long knives (Nag van die lang messe). n Artikel wat hieroor deur die Israelvisie geproduseer en ook na die webblad siener gepos is, is al by herhaling deur verskillende mense aan my gestuur per epos, per gewone pos, per faks, en dit is ook al oor my hek in die tuin gegooi. Dankie, mense, ek het reeds daarvan kennis geneem maar stem hoegenaamd nie in die minste daarmee saam nie. Hierdie mense maak n groot ophef van twee van Siener se gesigte wat hy in 1915 en 1917 gehad het. In die een het hy gesien hoedat n Suid-Afrikaanse swart leier wat wreldbekend is, gewelddadig sterf en vir sewe dae in n glaskis in staatsie l terwyl roubeklaers van oor die hele wreld hulle laaste eer aan hom bewys. Wanneer hy daarna begrawe word, kom daar vuur uit die graf op. Dit dui op die geweld wat dan teen die blankes sal ontbrand. Nelson Mandela word as die beroemde swart leier gesien wat sal sterf, en direk n sy begrafnis in die helde-akker in Pretoria sal die geweld na verwagting uitbreek. In die ander gesig het die Boere-profeet gesien hoedat mieliestronke by Johannesburg aan die brand raak. Volgens die huidige vertolking daarvan dui dit op onl*ste wat daar gaan uitbreek. In die gesig is ook n klomp vaal witpensbokke op n bult gesien, en dit word verklaar as Engelse wat met die Boere as*osieer en saam met hulle staan. Hy het ook wilde makoue gesien wat uit die Ooste aangevlieg kom, en daar word gemeen dat dit op immigrante uit Oos-Afrika dui (veral uit Mosambiek) wat die land oorstroom en ook hier chaos skep. Verder verskyn daar n lang ry as*egaaie, wat gesien word as georganiseerde swart geweld teen die blankes. Johanna Brandt het ook in 1916 n visioen gehad waarin sy die groot slagting gesien het wat in Johannesburg sal begin, na Pretoria sal uitbrei en daarna na die hele land. Dit sal deur groot stakings voorafgegaan word waarin die hele land lamgel word. Die vreeslike geweld wat sy in die gesig teen die blankes gesien het, het haar in een nag glo heeltemal grys laat word. Wapens Die Israelvisie kleur hierdie prentjie verder in deur na vergesogte bewerings oor die opgaar van wapens soos AK 47s, plofstof en kapmesse te verwys, asook planne vir die vinnige vervoer van die moordenaars. Hulle s onder meer in hulle wyd verspreide artikel: Daar word beraam dat minibus-taxis tot soveel as 70 000 gewapende swartes binne n uur vanaf die swart woongebiede tot in die middestad van Johannesburg kan vervoer. Groot hoeveelhede AK 47s, ammunisie, handgranate en selfs brandbomme word snags in die geheim per vragmotor na opslagplekke in KwaNonqaba by Mosselbaai gebring. Dit vind ook by dorpe in al nege die provinsies plaas. Waar is hierdie opslagplekke vir gevaarlike wapens en waarom is nog nie een daarvan in die afgelope paar jaar ontdek nie? Spesifieke bewerings word oor die opgaar van duisende pangas (lang messe) gemaak: Op n vergadering op 27 April te Kameeldrift-Wes is die volgende aan ons meegedeel: Daar is n hardeware-winkel in die Noordooste van Pretoria (die naam is aan ons bekend) wat die afgelope maand meer as 38 000 pangas aan swartes verkoop het. Party kom koop tot 20 op n slag... Die oproep van die voorvadergeeste kom eerste vir die pangas. Nou begin hulle hulleself gereed kry. In ons gebied hoor ons nou ook gereeld die Afrika tromme in die nag. Hierdie berig is al ou nuus, en vir etlike jare reeds word die artikel versprei waarin ges word dat daar die afgelope maand 38 000 pangas in een winkel verkoop is. Wanneer was hierdie afgelope maand? Dit beteken dat daar in een maand omtrent 1460 pangas per dag in net een winkel verkoop is. Di afgelope maand gaan egter nou al jare lank aan! Verdere paniek Radikale Israelvisiegroepe is baie vindingryk en bekend daarvoor dat hulle allerlei nuwe gerugte bedink om hulle bangmaakstories lewendig te hou. Nadat Siener Van Rensburg se profesie oor die einde van die eeu nie in die jaar 2000 in vervulling gegaan het nie, het hulle aan die storie van die Nag van die lang messe begin werk. Van toe af hou hulle Nelson Mandela se gesondheid fyn dop omdat sy dood volgens hulle na die skielike uitbars van geweld teen die blankes sal lei. In November 2005 het een van die moderne Boere-profete op n joernaalprogram op Kyknet ges dat die bekende swart leier waarna Oom Siener verwys het, teen die middel van 2006 sal sterf en dan in n glaskis in staatsie sal l. Dit het nie gebeur nie. In Februarie vanjaar (2007) was daar n SMS-veldtog waarin beweer is dat Mandela terminaal siek is en in n koma l. Hierdie gerugte het soveel paniek veroorsaak dat Mandela se blanke sekretaresse oor TV ges het dat daar geen waarheid in steek nie. Mandela het in daardie stadium by sy vrou in Mosambiek vakansie gehou en was glad nie siek nie. Niemand weet wat die oorspro ng van hierdie valse gerugte was nie. Dit sluit egter direk by di van die Israelvisie aan, maar dit kan ook wees dat ander groepe die blankes wil skrik maak sodat meer van hulle die land sal verlaat. Baie mense het dalk al as gevolg van hierdie disinformasie-veldtog na die buiteland verhuis. Daar is miskien genoeg ander redes om die land te verlaat, maar hierdie samesweringsteorie kom uit bedenklik vertolkings van ewe bedenklike drome, en moet gladnie ernstig opgeneem word nie. Daar is ook baie soortgelyke teorie (conspiracy theories) in Amerika in omloop, en hulle het almal dieselfde tema van een of ander duistere sameswering deur geheime groepe om chaos te skep, regerings tot n val te bring en groot getalle mense dood te maak. Daar is wl so-iets soos sameswerings om geweld te pleeg, maar iewers moet die streep tussen die werklikheid en vrye verbeeldingsvlugte getrek word. Daar moet darem harde feite wees om n teorie te staaf. Die rol van profete Groot misbruik word van buite-Bybelse profete gemaak wat volgens hulle eie aansprake inligting oor die toekoms by die Here gekry het en dit dan aan mense bekend maak. Die feit is dat alle profetiese inligting wat die Here oor die toekoms aan ons bekend wou maak, reeds in die Bybel opgeteken is. N die jaar 95 n.C. toe die apostel Johannes sy gesigte oor die eindtyd op die eiland Patmos ontvang het, was daar nie weer profete van hierdie aard nie. Ons het van toe af die volle raad van God in sy Woord gehad (Hand. 20:27), en dit is die rede waarom geen verdere profetiese boeke of boodskappe sedert daardie tyd tot die Bybel toegevoeg is nie. Mense tree arrogant en aanmatigend op as hulle op direkte, buite-Bybelse openbarings van God deur drome en visioene aanspraak maak. Hulle soek ook altyd n groot gevolg misleides wat hulle siening deel. Dit is duidelik dat sulke mense se profesie nooit almal uitkom nie. Hierdie profesie is meesal s vaag en kripties dat hulle op verskillende tye en maniere vervul kan word. Baie spekulasie en verbeeldingskrag is nodig om te probeer verstaan wat die siener bedoel het. In elk geval is verskeie van Oom Siener se profesie, veral di wat aan tye soos die einde van die eeu gekoppel is, nie vervul nie. Mense soos hy vat n groot kans om hulleself as profete van die Here voor te doen nadat die Bybel klaar geskryf is. Selfs in Bybelse tye toe daar wl profete was, is hulle aan streng standaarde onderwerp omdat daar baie valse profete was: As die profeet in die naam van die Here spreek, en wat hy ges het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die Here nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie (Deut. 18:22). Daar moet geen ontsag vir sy profesie wees nie. Die drome en naggesigte wat mense het, kom gewoonlik uit hulle eie gedagtes. Persone wat baie oor die Bybel of oor die toekoms dink, sal natuurlik ook by geleentheid daaroor droom. Dit beteken egter nie dat die Here met hulle gepraat het nie. Indien hulle dit wel beweer, dan begewe hulle hulself in troebel waters. Die Here s: Ek het gehoor wat die profete s, wat in my naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom! (Jer. 23:25). Proff. Walvoord en Zuck (The Bible Knowledge Commentary, bl. 1159) s oor hierdie teks: The prophets claimed that God had given them revelation in a dream, but their visions were only delusions of their own minds. Ons het nie die opdrag om drome en visioene te verkondig nie net die Woord: Verkondig die Woord; hou aan tydig en ontydig (2 Tim. 4:2). Sommige mense (hoofsaaklik charismate) beroep hulleself op Handelinge 2:17 wat meld dat daar in die laaste dae mense sal wees wat gesigte sien en drome droom. Dit is egter n profesie oor Israel (Jol 2:28 ) wat net gedeeltelik op pinksterdag in vervulling gegaan het. Die volle vervulling hiervan sal in die verdrukking wees wanneer die son verander sal word in duisternis en die maan in bloed (Jol 2:31). In daardie tyd sal die woord van die Here baie skaars wees (Amos 8:12), daarom sal Hy sy wil weer op bonatuurlike maniere aan sy voortvlugtende volk, Israel, bekend maak. Ons ht egter die Woord van God en ook n wolk van getuies oor die groot weldade van die Here (Heb. 1:1; 12:1). Dit hoef nie deur profete se drome en visioene aangevul te word nie. As ons die Woord van die Here ken, dan sal ons as mense van God volkome wees, vir elke goeie werk volkome toegerus (2 Tim. 3:16-17). Die profetiese woord in die Bybel sal ons pad verlig sodat ons sal weet waarop die wreld afstuur en hoe die Here sy kerk uit die komende verdrukking sal red (2 Pet. 1:19). As ons n profetiese bediening oor die eindtyd wil h en mense wil waarsku oor die toorn wat aan die koms is, dan is ons slegs op die Bybel aangewese. Mense moet geleer word om Bybelse profesie te bestudeer en reg te verstaan nie die profesie van ander mense nie. Dit is opvallend dat die Israelvisie in hierdie bangmaak-artikel na Siener van Rensburg en Johanna Brandt se profesie verwys, maar nie na Johannes, Paulus, Jesaja en Danil se profesie oor die eindtyd nie, en ook nie na die Here Jesus se profetiese rede waarin Hy baie inligting oor die tyd voor sy wederkoms gee nie. Dit is die hele rede waarom hulle op n dwaalspoor is en hoogstens verwarring by mense kan skep. Wil hulle h al die blankes in hierdie land moet nou aan n selfopgelegde vreeskompleks begin ly en met bewing op Mandela se dood wag? Die profetiese woord Daar is groter probleme as die swart gevaar waarteen mense in hierdie land gewaarsku moet word. Daar is n sondekultuur besig om oor die hele wreld te spoel, en dit is teen sonde en verlorenheid dat mense in die eerste plek gewaarsku moet word. Mense se ongeredde toestand, die duiwel wat hulle verlei en versoek, hulle vleeslikheid, vormgodsdienstigheid en wreldgesindheid, is die dinge wat hulle in n donker put aftrek en na die verderf sleep. Hieruit moet hulle gered word, of hulle lewens fisies deur allerlei ander dinge bedreig word of nie. As ons na gevaar wil kyk, dan is die heel grootste gevaar die komende verdrukking wanneer die Antichris n skrikbewind oor die hele aarde sal voer (Op. 13:1-8 ). Die Here Jesus het ges dat daar n groot verdrukking kom soos daar nog nooit op aarde was nie, en as daardie dae nie verkort word nie, sal geen vlees gered word nie ( |
||
2
Replies
1908
Views
0 Bookmarks
|


