Prodigits |
! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.
* maranata > Topics
endtimes
Iets wat n groot impak op my gemaak het was toe Professor David Block van die Universiteit van Wits n lesing by ons kerk kom gee het. Hy is n professor in physics en astronomie en is n Joodse Christen. Hy het skyfies op die groot skerm gewys van hoe n ster gebore word ens. Die een skyfie wat die grootste impak op my gemaak het was n foto van n groot hoe sandduin in die Namib Woestyn. So n sandduin is massief en die kruin is mos so glad. Op die duin was die een piepklein duinebesie, hulle krap krap mos so met hulle potjies. Die 2de foto was die impak wat die gekrap van die besie op hierdie reuse sanduin gehad het. Die helfte van die duin het weggesak en die vorm totaal getransformeer agv. die klein besie se gekrap. Ek di*nk altyd daaraan as ek voel ek is nie belangrik nie, of dat ek di*nk ek kan nie n verskil maak in die wereld nie, of in iemand se lewe nie. As ek elke dag bietjie krap krap en die woord van God bring na mense en Sy Liefde, hoe gering ook al, dit gaan n verskil maak in die wereld, dit gaan n berg uit iemand se pad of my eie verskuif.
4 Replies 1376 Views 0 Bookmarks
topics posts

* maranata Forum
fav Bookmarks

* maranata


Download PRODIGITS Android APP