Prodigits |
! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.
* WWJC > Topics
oubaas
As jy voel dat jy alleen in jou donker tyd staan
En jou wreld om jou wil vergaan
As jy voel jy wil op 'n hopie gaan sit
En diep vrese neem van jou besit
As jy voel almal het jou verwerp
En voel hoe die duiwel sy greep versterk
As jy voel die lewe het geen nut nou meer
Dink as*eblief tog weer 'n keer
Sweet druppels slaan op jou voorkop uit
En jy weet nie wat om te besluit
Daar is wel iemand wat weet van jou bestaan
Van alle pyne waardeur jy moet gaan
Hy is die Vader, onse Heer
Kry jou krag by Hom, toe, probeer
Hef op jou hande bid tot Hom
Sodat daar vrede in jou lewe kan kom
Geen beter sielsmaat sal jy kry
Want Hy het meer as almal gely.
1 Replies 1228 Views 0 Bookmarks
topics posts

* WWJC Forum
fav Bookmarks

* WWJC


Download PRODIGITS Android APP