
![]() |
@oubaas | |
Lewensuitkyk 4 November 2009 31 Oktober tot 1 November 2009, een van die mees onbeskryflike naweke ooit! Rippel 90.5 se eerste kamp vir mense met gestremdhede, gehou by Deo Volente Bush Adventures buitekant Pretoria. 'n Naweek wat in ons gedagtes sal bly vir die res van ons lewens. Saam met die mees kosbare mense denkbaar, wat meer liefde in een naweek kon uitstort as wat ek in een leeftyd kan uitstort. |
||
29
Replies
2205
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/2 |
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
Die term gestremdes klink eintlik so negatief, omdat dit mense in 'n spesifieke boksie inprop, maar ek het gesien dat daar lewenskwalitiet in hierdie groepie bestaan wat in ander boksies nogals afwesig is. Die boksie waar ek my bevind is so n gemaklike, maar dikwels onvergenoegde, ontevrede boksie.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
Jitte, maar mens kan baie leer by mense met hierdie tipe uitdagings! Ek leer dinge wat my klein, ontoereikend en sommer nutteloos laat voel. Ek het by hierdie mense blydskap, vreugde, vrede en dankbaarheid gesien wat ek nie kan droom om te he nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
Filipense 4:1-9 Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon. Ek vermaan vir Euodia en ek vermaan vir Sintige om eensgesind te wees in die Here. Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van die evangelie, net soos Klemens ook en my ander medewerkers, wie se name in die boek van die lewe staan. Wees altyd bly in die Here!
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is -
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
DIT leer ek toe hierdie naweek by hierdie ongelooflike groep mense wat op die kamp was. Hulle is oorvloedig bly, hulle gee oorvloedig liefde. Na vele gedink, kry ek die antwoord in die engelse woord attitude lewenshouding. Hierdie ding waarmee ek so sukkel hier in my kwansuis volmaakte liggaam, waar al die dele werk, waar gesondheid en vermoens steeds nie genoeg is nie. Hierdie houding waarmee ek die Here soms wil aanvat en vra: Here, wanneer gaan U my seen?
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
Wil ek dan NOG he? Waarmee sal ek dan tevrede wees? Wanneer gaan ek in die spieel kyk en se: Dankie. Wat moet die Here van my wegneem sodat ek kan besef wat ek het? Ai, patetiese mens, ekke! Sukkel jy miskien ook hiermee?
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
Ek het die afgelope naweek by hierdie gestremde mense moed gesien . . . guts, n onblusbare gees, n uithouvermoe, n geniet van die lewe ten spyte van uitdagings. Ek het n epos van iemand gekry wat gaan oor lewenshouding dis hierdie dinge wat die gestremde mense regkry, en ek nie:
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
1) Ek kan alles doen, maar nie gelyktydig nie. Jy sien, ons het net nie genoeg geduld nie. Alles moet kits gebeur.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
2) Ek kan alles doen, as dit net belangrik genoeg is. Johnny loop bitter swaar met n loopraam. Maar hy stap ver net om vir my ietsie te kom se . . . want dit is vir hom belangrik.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
3) Ek kan alles doen, al is ek nie die beste daarmee nie. Wel, toe Dusty en Karen (albei met Downs sindroom) en Louis begin dans , toe besef ek dat ek dit nie SO kan doen nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
4) Ek kan alles doen, maar daar mag beperkinge wees. Jy sien, ek wil so graag he daar moet nooit struikelblokke wees nie, alles moet net vlot loop ek wil nie sukkel nie. En as alles dan nie so lekker vlot verloop nie, dan wonder ons of die Here sy seen van ons onttrek het. Ek het hierdie naweek mense gesien wat n berg sal uitklim met krukke en n rolstoel, en ek is te lui om 300m winkel toe te stap.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
5) Ek kan alles doen, maar ek mag dalk n bietjie hulp nodig he. Ons vra nie graag hulp nie, of hoe? Ons los mos partykeer eerder n ding as om in iemand anders se oe te kyk vir n bietjie hulp. Hierdie gestremde persone moet hulp vra vir basiese dinge . . .
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
Ek het besef mens kan baie leer by mense met fisiese uitdagings. So het ek die naweek :
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
1) geleer dat mense met gesigsgsetremdheid kan werk, en dankbaar is daarvoor dit terwyl baie van ons ons werk haat. Dian, Paulie en Leander is blind, maar het alles gedoen wat die ander gedoen het.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
2) gesien dat mense met Downs liefde kan uitdeel soos niemand anders nie. Karen, Dusty, Sonja en Rovan het soveel onvoorwaardelike liefde uitgestraal!
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
3) Anemari en Quintus is in rolstolle, maar hulle het n onblusbare gees, en kla nooit - nie eenkeer nie! Ek, daarenteen, word so gou moeg, ek kla as ek n entjie moet stap. Eddie, Rudolph en Wayne, asook Johnny en Ian het so n paar fisiese uitdagings, maar doen meer as baie mense wat geen verskonings het nie. Hulle verkry resultate omdat hulle WIL; hulle se nooit ek kan nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
4) Adelle het Houtkruis vir ons gemimiek dat dit trane in almal se oe gebring het. Sy dien die Here met elke stukkie talent in haar. Hoe vorder ek en jy?
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
Kom ek vra vir my en jou n paar vrae:
|
||
![]() |
@oubaas | 26 January 10 |
1) Weet jy hoe werk geloof? Jy moet ophou om jou intellek in die pad te laat staan. Die Here se: wees soos n kind, maar ons wil ons Christenskap en geloof so gekompliseerd maak. Nee, glo net die Here!
|
||


