
![]() |
@oubaas | |
Vals profete (1) *****NB: EK STEM NIE NOODWENDIG SAAM MET DIE INHOUD VAN DIE VOLGENDE STUKKE NIE!!!! Mense kan jou soms so deurmekaar praat oor die godsdiens dat jy nie weet wie om te glo en wie nie. Dit was in die Bybelse tyd al so en dit is baie gevaarlik, want mens kan maklik op die verkeerde pad beland. |
||
151
Replies
9766
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/8 |
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Die Bybel is ons anker as dit by waarheid kom. As iemand vir jou iets vertel wat met die Bybel bots, moet jy maar katvoet loop. In 1 Johannes 4:1-3 se Johannes dat selfs as iemand beweer die Heilige Gees self het vir hom die boodskap gegee - en die boodskap verskil van die boodskap van Jesus - moet jy hom nie glo nie. Immers, die Gees sal mos nie boodskap gee wat Jesus ondermyn nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
As iemand so boodskap, wat met Jesus s'n bots, aan jou wil afsmeer, is dit die sekerste teken van dwaalleraar. Paulus se dit nog sterker: hy se dat selfs as engel deur die venster vlieg en voor jou kom staan en se jy moet iets anders as die goeie boodskap van Jesus glo, moet jy vir hom se hy kan maar gaan vlieg (Galasiers 1:8). Jesus se boodskap staan vir jou vas.
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Partykeer kom mense na jou toe en se Die Here (of die Gees) het dit of dat vir my oor jou gese. Baie keer is dit sommer seermaak boodskap. Moenie dit sommer net so glo nie. Die Here sal mos nie by ander oor jou skinder sonder om vir jou self ook daarvan te se nie. Nee, as Hy oor jou iets wil se, sal hy dit vir jou ook se. Hy sal dit vir jou op manier bevestig. Oppas vir mense wat jou met godsdiens probeer manipuleer.
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Boek: Geloof in Aksie-Bybel. Skrywers: Prof Jan van der Watt, Dr Stephan Joubert, Dr Johan Smith. Uitgewers: Christelike Uitgewers Maatskappy
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Valse profete (2) Jesus is: Koning, Priester en Profeet. Herken die VALSE PROFEET In die Ou Testament (OT) is valse profete gestenig. Vandag kry hulle positiewe publisiteit. Die grense tussen die waarheid en die leuen, tussen die ware en die valse, het baie vaag geword. Christene is vandag huiwerig om hulself uit te spreek - tog het God beveel dat ons die geeste moet toets (1 Johannes 4:1). Kritiek word as liefdeloosheid gebrandmerk en dat dit die eenheid tussen Christene versteur. Daar word hard gewerk aan eenheid, maar dit dikwels ten koste van die waarheid. |
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Hierdie skrywe is 'n ernstige oproep om die waarheid in liefde te praat. Drie van die jongste valse profete word as voorbeelde gebruik.
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Die 37 jarige Profeet T.B.Joshua, se bediening is met geweldige entoesiasme en opgewondenheid ontvang. Hy noem homself: The promised child. By the grace of God, I am doing what I am doing because I'm a promised child. Anybody called a promised child will do what people in his time cannot do. Hy het sy eie Web-site, www.themaninthesynagogue.org. Daar kry enigeen meer inligting.
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Die waterkrane by die ingang van die sinagogoge se water word geseen en dit word die bloed van Christus (vgl. dit met die Roomskatolieke transubstansiasie leer). Die water speel ook 'n rol in die bonatuurlike genesings wat plaasvind.
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Herlewing is die woord op almal se lippe - of is dit 'n herlewing van die okkulte?? Daar is buitengewone krag in die man se bediening - maar wie se krag is dit? Die mense getuig van wonderlike ervarings, hulle se hulle sien Jesus in sy oe - maar watter Jesus is dit ? Mense van regoor die wereld besoek sy Sinagoge in Nigerie (vroeer aan die plaaslike inwoners bekend as die Sinagoge van die Satan).
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Mense val neer deur 'n woord of gebaar - is dit God se gees of 'n bose gees? God verskyn aan hom - is dit regtig God of is dit demone?
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Nog 'n voorbeeld. Joy tydskrif is opgewonde oor Silvania Machado wat die land binnekort weer gaan besoek. Goudstof val uit haar hare. Sy se dit is 'n engel wat die goud oor haar strooi. Olie drup uit haar vingerpunte. Wonderwerke vind plaas. Silvania verkoop haar fotos vir R10 met van die 'goud' agterop die foto geplak. 'n Spesiale salwing is glo op die fotos, wat 'n mens onder jou kopkussing sit. Sy versprei die olie uit haar vingerpunte in botteltjies onder geestelike leiers.
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Hulle moet weer hul lidmate salf. Sy se sy het n genesings- en 'love' ministry en konsentreer op die geestelike leiers. Sy soen elke pastoor op sy mond en salf hom. Mense vir wie sy gebid het, sal daarna elke keer as hulle die Bybel lees of bid, vol goud geword.
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
'n Medewerker van Silvania verkoop ook CD's. As jy jou trouring of tjekboek bo-op die CD sit, dan sal dit goed gaan met jou huwelik en banksake. Wat ookal jou probleem is, daarna sal dit goedgaan.
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Is dit van die Here of is dit duiwelse oe-verblindery? Hoe gaan ons weet omdat die duiwel ook wonders kan werk?
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Nog 'n voorbeeld. Benny Hinn beweer dat hy 'n direkte kanaal van God is en dat God nuwe openbaringe - wat nie in die Bybel is nie - aan hom gegee het. Hy is so 'n direkte kanaal dat die Gees sy tong en verstand so oorneem, dat hy daarna nie eers bewus is van wat hy gese het nie. Dat God aan hom verskyn, is 'n alledaagse ervaring. Is Hinn 'n instrument van die duiwel?
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
As Paulus vir Timotheus waarsku: Jy moet vir hom (Alexander) oppas . . . . . . en Jesus die mense openlik teen die Fariseers en Saduseers waarsku (2 Timotheus 4:15; Matt 16:6), is dit nie 'n liefdelose moddergooiery, naywer of kwaadstekery nie?? Nee! Dit gaan om die geestelike welsyn en redding van mense vir wie Jesus aan die kruis gesterf het. Daarom gee God 'n bevel om die geeste te toets.
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Jesus self waarsku baie sterk by herhaling teen die valse profeet.
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
Mattheus 24:4 Jesus antwoord en se vir hulle : Pas op dat niemand julle mislei nie. vs 5 Want baie sal onder my naam kom en se: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei vs 11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. vs 24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan,en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei
|
||
![]() |
@oubaas | 5 February 10 |
1 Timotheus 4:1 Maar die Gees se uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang. (2 Tessalosense 2:3)
|
||


