
![]() |
@oubaas | |
KOM VAN DIE MAT AF - 10 Maart 2010 Voel jy ook of jy soms so tussen die riete vassit? Daar in jou sukkelende rivierstroom - daar waar jy nie n tree vorentoe of agtertoe beweeg nie. Dalk by jou werk, of in jou probleme, of in verhoudings, situasies, omstandighede. Nou ja, daar is natuurlik talle situasies waaraan jy absoluut niks kan verander nie. Punt is, daar is talle waaraan ons wel iets kan verander, maar ons doen dit nie. Partykeer omdat ons magteloos voel, dalk omdat ons nie weet hoe nie. |
||
21
Replies
1984
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/2 |
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Miskien omdat ons ander blameer vir ons omstandighede, dalk omdat ons nie regtig wil nie (. . . dis mos partykeer makliker om te kla!). Partykeer doen ons niks, want ons wag op die Here. Natuurlik moet ons in alle omstandighede op die Here wag, maar partykeer wag die Here vir ons. Het jy al gedink: Hoe lank voor die deure oopgaan, Here? Dan gebeur niks. En dan, jaar na jaar sit ons so in die riete vas. Nie vorentoe, of agtertoe nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Johannes 5:1-9(a) Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. By die Skaappoort in Jerusalem was daar 'n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, waar daar baie gestremdes gele het: blindes, kreupeles en lammes. Onder hulle was daar 'n sekere man wat al ag en dertig jaar lank siek was. Jesus het hom sien le en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: Wil jy gesond word?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Die sieke het Hom geantwoord: Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in. Jesus se toe vir hom: Staan op, tel jou goed op en loop. Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Aangrypende verhaal die. Hierdie man was 38 jaar lank siek, so se die Bybel, maar ons weet nie hoe lank hy by die bad gele het nie. Vir baie jare sien hy hoe mense hom voorspring en gesond word, en hy wag, en hy wag, en wag . . . Totdat Jesus kom, en eensklaps vir hom genesing bring. Staan op, tel jou goed op en loop. En toe loop hy.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Staan op, tel jou goed op, en loop. Aangrypende woorde. Ek neem aan hy het sekerlik op n matjie, of n matrassie gesit of gele daar langs die bad. So sit hy vir baie jare vas op sy mat. En hy wag op sy mat. En hy wag vir n wonderwork . . . En niks gebeur nie. Dat hy geglo het in n wonderwerk, is gewis. Miskien het hy net nie die Een geken wat die wonderwerk gedoen het nie. En so, sit ons soms vir jare op die matjie vas, wagtend op n wonderwerk (waarin ons glo), maar ons doen absoluut niks.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Wag net. Eendag noem n goeie vriend vir my dat hy vreeslik ongelukkig is in sy werk, al vir 17 jaar! Hy se toe dat hy al jare vir die Here vra vir n deur om oop te gaan, maar niks gebeur nie. Ek het vir hom gevra of hy al sy CV uitgestuur het, en was verstom toe hy se: Nee, ek wag op die Here. Een sin was genoeg om hom van sy mat af te kry: As jy op die water wil loop, klim uit die boot uit. Met verwysing na Petrus wat op die water geloop het.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Ongelooflik toe hy sy CV uitstuur, maak die Here oombliklik die deur oop. Soos hulle se: The rest is history . . .
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Vasgesit op die matjie, nie een tree vorentoe of agtertoe nie. As Petrus in die boot bly sit het, het hy nou nog nie op die water geloop nie, het hy nou nog nie die wonderwerk beleef nie, en het hy nou nog gewonder of hy kan waterloop. Jesus het hom nie gevra of hy wil nie. Hy het gese hy wil. Toe se Jesus net Kom. Hoe lyk dit daar op die matjie? Aaklik? Moedeloos? Moeg gewag? Depressief? Wat wil jy van die Here he? Hoe lank wag jy al? Wag jy vir n teken? Wat se teken?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Hoe ry die boere sit-sit so, daar op die matjie . . .
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Jy sien, partykeer is matjie-sit n lekker verskoning om nie te beweeg nie. Want dan hoef jy nie te waag nie, en hierdie comfort zone is eintlik lekker in sy aakligheid. En dan het ek iets om elke dag oor te kla daar in skinner-straat as ons elke uur so gaan vars lug soek. Wat is tog lekkerder as n lekker kla-sessie? Vernaam as ons n bietjie selfbejammering kan bygooi. Ons noem dit n pity-party. Straf onsself daar op die matjie!
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Soms gee ons ander die skuld vir ons matjie-sittery. Dalk ons ouers, of ons verlede, of ons omstandighede. Baie mense gaan by ons verby op hulle magic carpets wat se: Kom saam!, maar ons se: nee, jy verstaan nie. As dit nie vir sus en so was nie, het ek ook gevlieg. As, as . . . My voorgeslagte het almal op die matjie gesit, daarom sit ek ook maar . . . sug!
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Soms vrees ons die beweging. Jy sien, die mens hou nie van verandering nie, maar smag tog gereeld daarna. A change is as good as a holiday is tog waar!
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Partykeer sit ons op die matjie en wag vir die Here. Dis reg, maar partykeer wag die Here op jou. Hy wag dat jy in geloof in beweging kom. Hy wag dat jy Hom genoeg vertrou dat Hy genoeg kennis, en onderskeidingsvermoe, en moed, en dapperheid vir jou sal gee om van die mat af op te staan. As jy dan aan die deure rondom jou begin voel, is n klomp van hulle toe nooit gesluit nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
En dan wil die Here vandag vir jou se: Neem jou besluit, soos wat dit vir jou goed en reg lyk, en Ek sal jou in jou besluit seen. En die paaie waar jy loop sal ek gelyk maak, en waar jy dalk wel die hobbelpad tref, sal Ek by jou wees, en as daar gate en slote is, sal ek jou deur dit help, en as daar woestyn voor jou le, sal Ek steeds die manna en kwartels voorsien.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Maar . . . kom net van jou mat af. Want die Here raak nie skielik weg as jy dalk n verkeerde besluit neem nie. Jy sien, my vriend, die Here is nie aanwesig en afwesig op sekere paaie wat jy kies nie, die Here is by jou, as persoon, waar jy ookal loop. Soos wat Hy by jou op jou matjie is.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Matjie-sit laat talle geleenthede by jou verbygaan, en matjie-sit maak dalk jou lewenskwaliteit misrabel. Matjie-sit laat jou stagneer en steel lewensvreugde. Nou hoe nou? Jy weet waarna jy lankal smag, of hoe? Jy weet dat jy dalk n besluit moet neem wat jy al vir jare uitstel . . . .sit jy lekker? Wagtend op n wonderwerk? . . . of gaan jy opstaan en voortbeur na die wonderwerk toe?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Wie kry die skuld vir hierdie sit-sit so? Omstandighede? Verlede? Situasies? Ander mense? Miskien die Here?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Jesus se: Wil jy gesond word, wel, Staan op, tel jou goed op, en loop
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Ook gepos by: OPPIE KOFFIE Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa
|
||


