
![]() |
@oubaas | |
WIE HET VIR JESUS VERMOOR? 12 Maart 2010 Dis is ongeveer 2000 jaar gelede. n Skare mense drom op Golgota saam, om te sien hoe een van die mees radikale mense van sy tyd tot sterwe gaan kom. di*nk bietjie vir n oomblik saam met my: as jy hoor daar gaan n openbare teregstelling Saterdag op kerkplein plaasvind, sal jy gaan? Ek wonder nogal of ek sou. Kom ons vat dit verder. Se nou maar jy hoor dis een van die mees gehate en gesoekte massamoordenaars van ons tyd . . . sou jy dan dalk gaan? |
||
27
Replies
1495
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/2 |
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Kom ons kyk bietjie uit n ander hoek uit. Kom ons se dis een van die mees geliefde mense wat jy ooit van gehoor het, wat regtig vir n goeie saak geveg het . . . sou jy dan gaan kyk het? Nog verder, kom ons se jy weet voor jou siel dat die persoon verseker onskuldig is aan dit waarvoor hy aangekla is . . . sal jy dan gaan kyk? Sjoe, dit raak al hoe moeiliker om te antwoord.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Kom ons se die persoon gaan Saterdag tereggestel word in JOU plek, sodat jy nie hoef te sterf nie . . . sou jy dan gaan kyk? Dis erg om so daaraan te dink, nie waar nie? Hoe lyk dit daar by die plek van teregstelling? Hoe is die bui van die mense wat gaan kyk - is hulle vrolik? Neerslagtig? Hartseer? Bly?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Mattheus 27:35-44 Hulle het Hom gekruisig en sy klere verdeel deur te loot. Daarna het hulle gaan sit en by Hom wag gehou. Bokant sy kop het hulle die aanklag teen Hom in skrif aangegee: Dit is Jesus, die koning van die Jode.Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en die ander een links van Hom. Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster. Hulle het die kop geskud en gese: Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou!
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Red jouself as jy die Seun van God is, en kom van die kruis af! Net so het die priesterhoofde saam met die skrifgeleerdes en die familiehoofde ook gespot en gese: Ander het hy gered, maar homself kan hy nie red nie. Hy is mos die koning van Israel! Laat hy nou van die kruis afkom en ons sal in hom glo. Hy het op God vertrou; laat God hom nou red as Hy dan behae in hom het. Hy het immers gese hy is die Seun van God!
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig is, Hom ook beledig.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Erg ne? Mense is wrede goed. Bloeddorstig, spottend, sonder n idee hoekom hierdie persoon gekruisig word.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Se nou maar jy het daar gestaan - wat sou jy doen? Sou jy huil? Hartverskeurend huil? Of sou jy maar net jou skouers opgetrek het? Sou jy saam gespot het? Sou jy dalk skuldig gevoel het?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Wie het nou eintlik vir Jesus vermoor? Was dit die regering van die dag? Hierdie klomp Romeine het nie van Jesus gehou nie, want Hy was n bedreiging vir hulle. Hulle was bang vir opstande, en hulle was dalk bang dat Hy n gevolg bymekaar sou kon maak wat hulle gesag sou uitdaag.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Of was dit dalk die familiehoofde en die priesterhoofde? Kyk, hulle het net mooi niks van Hom gehou nie. Hy het die Fariseers tromp-op aangevat, Hy het hulle voor die mense beskuldig dat hulle wit gepleisterde grafte was. Hulle het selfs met Judas gekonkel om Hom te veraai, en selfs vir hom geld gegee. Lyk my hulle het die perfekte motief gehad om Hom te vermoor, want Hy het hulle godsdiens - wat vir hulle baie belangrik was as vals afgemaak.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Ek di*nk hulle het nogal n goeie saak om Hom te vermoor.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Was dit dalk Herodes? Wel, hy wou nie n besluit neem nie, hoewel hy volgens Lukas 23 bly was om Jesus te sien. Toe stuur hy Hom na Pilatus toe. In die proses het Pilatus en Herodus sommer vriende geword. En Pilatus? Hy bevind Hom onskuldig, was sy hande nogal in onskuld, en laat Hom kruisig. Is dit hy wat Hom vermoor het?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Het die Jode Hom vermoor? Want toe hulle moes kies tussen Barrabas en Jesus om vrygelaat te word, kies hulle vir Barrabas om vry te kom. Hierdie Jode, vir wie Jesus innig lief was, hierdie mense wat Sy wonderwerke gesien het, wat deur Hom genees is, deur Hom gevoed is met n paar vissies en broodjies - dis hulle wat nou skreeu: Kruisig Hom, kruisig Hom Het hulle Hom vermoor?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
As dit Saterdag sulke tyd was op kerkplein, wat sou ek en jy skreeu?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Ons sou ook n ander vraag kon vra: Het Jesus dalk selfmoord gepleeg?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Johannes 10:14-18 Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek le my lewe af vir die skape. Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. Die Vader het My lief omdat Ek my lewe afle om dit weer op te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek le dit uit my eie af.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Ek het die volmag om dit af te le, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Klink nogal vreemd, of hoe? Niemand neem dit van My af nie, maar Ek le dit uit My eie af. Wel, as Hy hierdie voor getuies sou uiter, sou n hof al die ander partye onskuldig bevind het die regering, die Jode, die priesterhoofde, familiehoofde, Pilatus . . . klink my Jesus, se nee, julle is almal onskuldig. Dis tog absurd om te di*nk Hy sou selfmoord pleeg. Wie het Hom dan vermoor? Wat het gebeur op daardie dag by Golgota?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Wie het Jesus vermoor? Niemand nie, nie een enkele persoon kan die blaam ry nie. Sy dood was nie moord nie, nie selfmoord nie, nie natuurlike oorsake nie, of a.g.v. siekte nie. Al hierdie partye was nodig om die raadsplan van God gestalte te gee. En nee, God die Vader het Hom ook nie vermoor nie. Die antwoord le in iets heeltemal anders . . .
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Hebreers 10:1-10 Die wet van Moses is slegs 'n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie 'n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet die wat die offers bring, nooit volkome van sonde vry maak nie. As die wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Maar nou herinner die offers juis jaar na jaar aan die sondes, omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem. Daarom se Christus met sy koms in die wereld: Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou he nie, maar die liggaam wat U My gegee het. Brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie! Toe het Ek gese: Kyk, Ek het gekom, o God, om u wil te doen. In die boekrol is dit van My geskrywe.
|
||


