
![]() |
@oubaas | |
DIE GAWE VAN PROFESIE. 1 Korintiers 12 : 4 - 11 Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; 5 daar is 'n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; 6 daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. 7 Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. |
||
30
Replies
4209
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/2 |
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
8 Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om 'n woord van wysheid te praat, aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees; 9 aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur die een Gees. 10 Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan 'n ander die gawe om te profeteer, en aan nog 'n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan 'n ander om dit uit te le. 11 Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Dis duidelik dat God gawes uitdeel aan wie Hy wil, soos Hy wil, tot Sy eer. En al die gawes deur die een Gees, die Heilige Gees. Die deel wat volgende praat van die liggaam se baie lede en dan lees ons die volgende:
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Vers 27 - 31 Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan. 28 En in die kerk is daar mense aan wie God 'n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar diegene wat wonderdade kan doen, dan diegene wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale of klanke te gebruik. 29 Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars?
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Kan almal miskien wonders doen? 30 Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitle? 31 Le julle toe op die beste genadegawes.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Die liggaam van Christus kan dus nie funksioneer as al die lede nie teenwoordig is nie. En dus ook die gawe van profesie. Dan lees ek in 1 Tessalosense 5 : 19 - 22 die volgende: Moenie die Heilige Gees teenstaan nie. Moenie die uitsprake van die wat die boodskap van God verkondig, geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Al gehoor dat mense se probeer alles, en behou wat goed is? Nee, werk nie so nie, bly weg van wat sleg is!!
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Die gawe van profesie word baie pertinent uitgelig as 'n baie belangrike gawe, wat 'n baie belangrike rol moet vervul. Nou ja, as ons dus dit wil saamvat, moet ons aanvaar dat sommige mense die gawe het, en dat dit 'n baie belangrike gawe is.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
,. Die gawe van profesie - wat beteken dit? Dit is definitief nie waarseery nie, dit is wel iets ('n boodskap) wat God op 'n spesifieke tyd vir iemand spesifiek wil gee. 'n Individu, 'n groep, korporatief - soos 'n gemeente. 'n Boodskap wat deur 'n spesifieke persoon oorgedra word . Presies soos die Here dit gegee het. Hierdie persoon kan oud of jonk wees.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Joel 2 : 28: Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek My Gees laat kom op al die mense, julle seuns en julle dogters sal as profete optree, julle ou mense sal drome droom, julle jong mans sal visioene sien.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Interessant ne? Oud en jonk. Profesie is een van die sogenaamde woordgawes, maar moet nie verwar word met die gawe van prediking nie. Want 'n prediker kan 'n boodskap - 'n preek - bring, maar nie noodwendig profeteer nie. Hoewel die gawe om God se Woord te verkondig (of te wel profesie), altyd aan die Woord getoets kan word, beteken profesie nie net om God se Woord aan te haal nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
'n Goeie prediker het die vermoe om dalk goeie lering te gee, en die Woord oop te breek, maar dis nie noodwendig 'n spesiale Woord van God vir spesifieke mense nie. Dit kan egter sekerlik 'n element van profesie bevat. Iemand wat egter profeteer, le hom/haar daarop toe om 'n spesiale boodskap van God oor te dra. Vir sekere omstandighede, ens.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Hierdie boodskap moet getoets en bevestig kan word, en lei tot die opbou van die gemeente of die persoon, en kan daarom ook vermaning insluit.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Die persoon met die gawe van profesie, moet baie naby aan God leef, en sy oor moet baie naby aan God se mond wees. Hierdie persoon kan 'n boodskap op 'n klomp verskillende maniere ontvang.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
1. Dit kan in die vorm van 'n hoorbare stem wees. Ek het al gehoor van mense wat 'n fisiese klank gehoor het. Paulus word op die pad na Damaskus deur die Here aangeraak en hy hoor 'n stem. Daar staan selfs die ander mense het die stem gehoor.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
2. Dit kan 'n diep indruk in die persoon se gees wees. Johannes 10 : 3 Die skape luister na die Herder se stem. Fyn ingestel, sal so iemand God se stem hoor. 'n Spontane indruk wat iemand as God se stem herken.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
3. Dit kan deur eksterne omstandighede, of deur 'n skrifgedeelte, of onder gebed, tot 'n persoon kom. En die persoon sal gewoonlik weet vir wie dit is.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
4. Dit kan letterlik deur drome of visioene tot 'n persoon kom.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
En dan kom die moeilike gedeelte. Daar moet iets daarmee gedoen word. Dit moet gedeel word, al maak dit nie altyd sin nie, of al di*nk die persoon dat hy verkeerd gehoor het, of al pas die omstandighede nie. Soms vra dit waagmoed en durf, dalk moet hierdie persoon voor die gemeente gaan opstaan en se: So se die Here. Maar, ek di*nk dit moet met groot nederigheid en beskeidenheid gebeur, onder leiding van die Heilige Gees.
|
||
![]() |
@oubaas | 4 February 10 |
Hoe weet ons of dit wat gese is, van die Here af kom?
|
||


