
![]() |
@oubaas | |
WIE STAAN IN JOU SPIEEL? - 17 Maart 2010 En daar staan jy, soos elke oggend in jou spieel. Wie kyk vir jou? Hoe lyk daai een vir jou? Spieeltjie spieeltjie aan die wand, wie's die mooiste in die land. . . |
||
49
Replies
2838
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/3 |
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Nie sleg as meneer / mevrou so vir jou terugloer nie, mits jy in die fleur van jou lewe is natuurlik. Later jare sal hierdie selfde spieel vir jou 'n heel ander beeld wys, wanneer jy soos iemand lyk van wie jy nie hou nie. Iewers begin jy dit met roompies behandel, of bietjie grimering (ja, mans ook), die grys haartjies word sommer gou-gou gewys wie's baas met moetie uit 'n bottel. NOG later sou 'n bietjie chirurgie nuwe lewe in die voorkoms blaas en die ergste plootjies word weggetoor.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Oppas net dat jy nie te Wacko begin lyk nie. . . By die gimnasium werk mense onverpoos aan die designer lyfies, en as jy eenvoudig slim is, drink jy 'n pilletjie om die gewiggies in toom te hou.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
En dan, iewers, kom daar dalk aanvaarding, en spieeltjie se genadelose terugblik word verdof deur kykers wat net nie meer so ver kan sien nie. Ja jong, so gaan ons maar almal deur hierdie fases van ydelheid.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Nou ja, tydens die kamp vir mense met gestremdhede, het ons mense ontmoet wat niks van hierdie goed kan kies nie. Gehoor- liggaamlik- gesig- en verstandelik gestremdes, mense wat nie kon kies hoe hulle in die lewe ingekom het nie, en wat nie die spieel kan sien nie, of nie tot daar kan kom nie, en niks kan doen wat ander doen nie. Sommiges het later in hulle lewens met hierdie lewe van MOEILIKE uitdagings kennis gemaak. Steeds sonder keuse.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Ons almal voldoen egter aan hierdie eenvoudige stukkie waarheid uit 1 Korintiers 6 : 19 20
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
ALMAL se liggame is 'n tempel van God, of jy nou wil of nie, ongeag van hoe dit lyk en of alles reg werk of nie. Sommige kan design, en ander nie. Sommige kan in die spieel kyk, vir ander is die spieel oorbodig. Party kan aan die lyfie werk, ander kan nie vanself uit 'n bed uitklim nie. Sommige is bitter ongelukkig met hulle voorkoms. Ek vermoed dit is hoofsaaklik diegene wat regtig niks het om oor te kla nie!!!
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Hou jy van die persoon in jou spieel? Daardie byna volmaakte ene?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Het jy al gewonder of die Here jou nie dalk gemaak het presies soos jy is nie, en wie jy NIE is nie? Kan jy sommer by 'n winkel instap en byna enige uitrustinkie aanpas en koop? Daar is mense wat nooit in hulle lewe die binnekant van 'n aanpashokkie sal sien nie. Nie uit eie keuse nie! Kan jy self 'n basies ding doen soos toilet toe gaan? Maklik in en uit jou bed wip? Wat van self jou eie koppie boeretroos maak?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Ons het mense op die kamp ontmoet vir wie die lewe een lang, moeilike, uitgerekte stryd is. Waar elke handeling, elke beweging en selfs elke woord wat ge-uiter word bitter moeilik (en soms seer) is. Party kan NIKS sonder hulp doen nie, maar ons het niemand hoor mor of kla nie, niemand wat die Here verwyt nie en niemad wat onvergenoeg met hulle voorkoms is nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Ek vermoed 99.9% van mense is in my skoene, waar alles eintlik maar vreeslik maklik is, alles werk reg en alles is bruikbaar. As designed. . . En ek vermoed daardie 99.9% mense is (soos ek) dikwels ondankbaar oor alles, te lui om kafee toe te stap, te moeg om lekker dinge saam met die kinders te doen, te lui om te oefen en te gemaklik vir woorde. Voorts werk die handjie mos goed, vernaam as hy die verbode sjokoladetjies so flink in die bekkie prop.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Totdat die spieel te klein raak vir die gestalte. En dan gaan soek ons daardie slim pilletjie. Dis nie vir almal outomaties nie. Patrick kan NET eet as iemand die kos in sy mond sit, en nie dit wat hy kies nie, nee, dit wat op die vurk is.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Hester ry elke dag BAIE ver op haar elektriese Shoprider werk toe. Rain or shine, sonder 'n dakkie. Sy kla nie oor haar werk nie, weet jy? Sy is dankbaar sy HET 'n werk! Haar lewe is altyd moeilik, en sy praat moeilik, maar mors nie haar woorde op skinder en gemors nie. Dis nie haar aard nie, want sy leef vir die Here.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
As jy na hierdie ou in die spieel kyk, waardeer jy sy / haar liggaam? Daardie volmaakte een wat jy gratis gekry het.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Mari en Willie het enkele jare gelede ook sulke perfekte liggame in hulle spieels gehad, toe verander dit eensklaps! Mari het 'n beroerte gehad, en toe nog een, wat die een kant van haar lyf ernstig aangetas het. Sy kwalifiseer nou vir die term gestremd. Haar lewe het in 'n oogwink verander en niks is meer vanselfsprekend nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Willie is getref deur Gillian- Berre sindroom, wat hom binne 'n paar ure heeltemal verlam het. Sy hele gesinslewe is oornag ernstig beproef, hy kon nie meer werk nie, en is nou in 'n rolstoel. Kan jy jou dit indink? Daar is absoluut GEEN rede hoekom dit nie oor jou of my pad kan kom nie. Indien dit NIE gebeur nie, is dit absoluut die Here se genade, weet jy?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Hier volg twee stukkies wat Willie se vrou geskryf het na sy siekte:-
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Gister. . . Nou dra ons maar elkeen ons eie seer. Jy in jou klein hoekie en ek in myne. Ek wil nie daaroor praat nie, terwyl ek weet dat jy wil. |
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Waaroor gaan ons praat? Oor gister? Gister is verby en dit breek my hart as ek onthou. Oor more? Wanneer gaan dit more word?
|
||
![]() |
@oubaas | 7 May 10 |
Ek probeer om nie te diep te di*nk oor hoe jy moet voel nie. Hoe dit moet wees om so totaal afhanklik te wees en verneder te word nie . . . om heeltyd skuldig te voel en dankbaar te wees nie . . .
|
||


