
![]() |
@oubaas | |
PIKSWART DAG - 21 April 2010 Ek staan langs die bed van n persoon wat besluit het dat die lewe nie meer die moeite werd is nie. Wat besluit het dat die dag van more al sy skoonheid en belofte verloor het. Iemand wat gevoel het dat more geen sonskyn meer in hom het nie, en dat die lewe n kombers getrek het oor alles wat die moeite werd is om voor te veg. Die Drakensberg het net te hoog geword, die pad te vol van die potholes van die lewe. Dit is so hartseer om te sien. |
||
31
Replies
2475
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/2 |
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Soveel potensiaal, soveel kundigheid, iemand wat soveel liefde kon gee, iemand wat boonop n pad met die Here gestap het. Die persoon het dit oorleef Goddank! Maar wat van more? More wat nou nog meer as ooit , pikswart geword het. So leef ons vandag in n tyd waar die lewe gedefinieer word in terme van die voorspoed wat ek dag tot dag beleef.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Die afgelope tyd staan baie mense so langs iemand se bed, en gesinne bly met die hoekoms agter. Vir een mens is more die wonderlikste avontuur wat voorle, vir die ander een is more pikswart.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Psalm 102:1-12 Gebed van 'n hulpelose wanneer dit met hom sleg gaan en hy sy klagte uitstort voor die Here. Here, luister tog na my gebed, hoor tog my geroep om hulp! Moet U tog nie van my afsydig hou nou dat ek in die nood is nie. Luister tog na my wanneer ek U aanroep, verhoor tog gou my gebed, want vir my verdwyn die dae soos rook. My liggaam brand soos vuur, ek is verskroei en uitgedroog soos gras, ek het alle eetlus verloor. Ek het net vel en been geword van al die pyn.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Ek voel so verlate soos 'n pelikaan in 'n woestyn, soos 'n uil tussen murasies. As ek wakker word, voel ek soos 'n eensame voel op 'n huis se dak. Die dae deur verneder my vyande my. Die wat my so verkleineer, gebruik my naam as 'n vloekwoord. As is my daaglikse brood; wat ek drink, is met my trane gemeng, want u toorn en u gramskap het my getref, U het my verwerp en weggegooi. Soos 'n skaduwee wat lank word, is my lewe naby sy einde, ek is soos verdroogde gras.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
This is the end of my life so begin die brief. Party briewe probeer verduidelik, party vra vergifnis, nog ander verwyt. Geen brief bring vertroosting nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Soms wil die son net nie deur nie. Maar weet jy, dit hoef nie so te wees nie. Slegte omstandighede kan tog nie alles wat ons lewe noem, oordonder nie?
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
In Psalm 18 skryf Dawid ook van sy swaarkry, en hy bekla sy lot by die Here omdat sy vyande vir hom te veel word. Net soos depressie, moeilikheid, swaarkry, armoede, werkloosheid, slegte huwelik, en tonne ander goed, vandag ons vyande is.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Psalm 18:17-20 Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp, my uit geweldige waters uitgelig. Hy het my gered van my vyand wat sterk was, van my haters toe hulle vir my te magtig was. Die dag toe hulle my aangeval het, was my ondergang naby, maar die Here het my daarvan bewaar. Hy het my in vryheid laat uitgaan, my gered omdat Hy my liefhet.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Hy het my gered omdat Hy my liefhet. Maar nie dadelik nie, nie sonder bitter swaarkry nie, nie sonder n oorlog nie, nie sonder wonde nie. Maar . . . God het vir Dawid gered. Soos wat Hy vir my en jou sal red, as ons Hom aanroep. My vriend, kan jy sien dat God nie vir Dawid (vir wie Hy baie lief was) teen alle swaarkry beskerm het nie? Sien jy dat God nie vir Dawid verlaat het nie?
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Besef jy dat Dawid vol geestelike letsels gesit het, maar steeds het Hy aan God vasgehou. Hy het steeds bly hoop, bly vertrou, bly glo, dat God hom uit sy doodsbestaan sou verlos.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Psalm 18:29-32 U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my. Met u hulp loop ek 'n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie. Wat God doen, is volmaak; wat die Here se, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. Waarlik, wie anders as die Here is God? Ja, wie anders as ons God is 'n rots?
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
By God is verlossing, en uitkoms. Hy bly die ewige Rots. As more so gitswart lyk, is die geringste liggie genoeg om al die donker te oorheers. Donker staan nie n kat se kans teen die lig van n klein ou kersie nie. En God is die lig. Vers 29: U, Here, laat my lamp helder skyn, my God gee lig as dit donker is om my. En partykeer, gebruik die Here vir jou en my om die lig te gaan wees waar Sy kinders in die donker vasgeval sit.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Ek staan langs hierdie persoon se bed, en n geweldige skuldgevoel kom oor my. Moes ek nie meer gebel het nie, en meer gaan oe wys het nie? Meer gebid het, meer saam gebid het nie? Meer omgee gewys het nie? En die antwoord kom duidelik: Ja ek moes meer daar gewees het; hoeveel vat n oproep? Ons het mekaar nodig, weet jy? En omdat Jesus nie self hier is in n menslike gestalte nie, moet ek en jy daardie rol vir mekaar aanneem.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Dalk net n oor wees, so bietjie belangstelling wys, sodat iemand dalk die liefde en krag van die Here kan ervaar.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Psalm 18:33-34 God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos die van 'n ribbok; op hoe plekke laat Hy my stewig staan.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Dieselfde woorde as Habakuk 3. God omgord my met krag. Dit hang net af hoeveel ons kan vasbyt. Jy sien, na nag, breek dag altyd aan. Na die woestyn, is daar altyd n oase, n Kanaan. Die vraag is net kan jy nog vasbyt? En diegene wat in die middel van die oorlog is, kan jy vra vir hulp? Kan jy jou swaarkry erken, en betyds iets doen?
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
As die nag so donker is, en die dag niks beter as die nag lyk nie, is God steeds daar. Hy is altyd daar. Moenie net vir God vertel hoe groot jou probleem is nie, vertel bietjie vir jou probleem hoe groot God is. Onthou, die genade van God kom juis tot volle krag as ons nie meer krag het nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Dieselfde Dawid wat in desperaatheid tot God uitroep dat sy einde naby is.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Psalm 146:1-5 Ek wil die Here prys. Ek wil die Here prys so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is. Moenie op magtiges vertrou nie, nie op 'n mens nie; hy kan jou nie red nie. Sy asem verlaat hom, hy word weer grond en sy planne is daarmee heen. Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.
|
||
![]() |
@oubaas | 8 May 10 |
Is dit nie so dat ons self net te veel planne probeer maak nie? Of te veel op onsself probeer vertrou nie? Of te veel op mense staatmaak nie? As God vir ons nee se in n krisis-situasie, is die omdat Hy altyd n beter situasie in gedagte het.
|
||


