
![]() |
@oubaas | |
GELOOF 2 Ons het by 'n vorige geleentheid gepraat oor antwoorde op 'n paar kwelvrae oor wat ons glo, hoekom ons glo. Is die Bybel waar en is dit waarlik die Woord van God? Hhet Jesus regtig bestaan? Is daar 'n God (skepping), kan almal gered word? Vandag wil ek nog so 'n paar dinge aanraak sonder om dogmaties of teologies te raak. |
||
28
Replies
3495
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/2 |
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
1 Petrus 3 : 15 Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
2 Timotheus 4 : 2 . . . verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerle, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Wat onderskei die Christelike geloof van ander gelowe? 1. Die Christelik geloof is die enigste geloof waar die redding van ons siel nie van werke afhanklik is nie. Galasiers 3 : 10 Almal wat staatmaak op die onderhouding van die wet, val onder 'n vloek as ons nie alles stiptelik kan nakom nie. Maar hy wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe. En ja, Jakobus vra waar is die werke? Dit doen ons uit dankbaarheid, en nie tot vryspraak nie. |
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Dit wil se as jy met iemand gaan praat oor sy saligheid, is dit tot voordeel van sy siel, en nie tot voordeel van jou siel nie. As jou werke jou dryf en jy praat met iemand, is dit dan tot voordeel van jou siel. Dus misbruik jy die gesprek tot jou eie voordeel.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
2. Die Christelike geloof is die enigste geloof wat gebasseer is op 'n verhouding met Jesus deur die werking van die Heilige Gees. Waar gebed 'n tweerigting gesprek is. Waar die Here met ons praat deur die Bybel, omstandighede, medegelowiges, ens. Dus 'n lewende vriendskapsverhouding.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
3. Die wete dat 'n Verlosser bestaan in die persoon van Jesus Christus wat vir ons die weg tot Saligheid gebaan het.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Wat dan van die ander gelowe? Nie denominasies nie. Bybel toe, en die vraag is dan of ons kan se ons is alleen reg. Die Bybel is die eerste en oudste geskrifte wat praat van 'n hemel, van God, van 'n hel, van liefde. En as ander gelowe dan hierop aanspraak maak, moet al die reels van die Bybel mos geld.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Een van die ander hoofstroom gelowe se geskrifte verwys na hordes karakters van die Bybel, nl Adam en Eva, Noag, David, Salomo, Abraham, Lot, die woestyntog, Maria, Jesus (die Messias), en nog baie baie ander. Hierdie boek is egter geskryf 200 jaar nadat die Bybel reeds in sy huidige vorm saamgestel is. (400 jaar na Christus). Dit is dus duidelik dat hierdie persoon se bron die Bybel was. Dus, watter een sou jy kies?
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Die oudste en oorspro nklike, of dit wat daaruit gespruit het. Waar Jesus voorgehou is as 'n gewone mens en Sy Godheid verwyder is.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Ons moet ook verstaan dat van die ander hoofstroom gelowe is nie gelowe in die ware sin van die woord nie, maar godsdiens beoefening, wat nie werklik veel geloof in iets vereis nie. Maar kan hulle almal gered word? Volgens die Bybel, verseker nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
2 Petrus 3 : 3 9 3 Veral moet julle weet dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die spot dryf en wie se lewe net deur hulle eie begeertes beheers word. Hulle sal spot 4 en se: En wat het nou geword van die belofte van sy wederkoms? Ons vaders is al dood, en tog bly alles nog net soos dit was van die begin van die skepping af. 5 Hiermee vergeet hulle moedswillig dat daar lank gelede 'n hemel en 'n aarde was wat deur die woord van God uit water en deur water ontstaan het.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
6 En dit is ook deur water dat die wereld van daardie tyd oorstroom is en vergaan het. 7 Maar die hemel en die aarde van vandag is bestem en word bewaar vir die vuur, ook deur die woord van God, en word in stand gehou tot op die dag waarop die goddelose mense veroordeel en verdelg sal word. 8 Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
9 Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al di*nk party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil he dat iemand verlore gaan nie: Hy wil he dat almal hulle moet bekeer.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Die Here gee dus vir almal, maar almal, 'n kans om hulle te bekeer. Red 'n geloofsgroepering jou? Nee, geloof in Jesus Christus red jou. Dis die boodskap uit die oudste en oorspro nklike bron. Op watter model basseer jy jou saligheid?
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Hoekom laat 'n liefdevolle God lyding toe? Moeilike vraag, waarop ek nie regtig 'n goeie antwoord het nie. Kom ons probeer. |
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
1. Reg deur die Bybel lees ons van mense wat baie swaar gekry het en deur baie lyding gegaan het. Job, die dissipels, Paulus, om maar 'n paar te noem. Swaar tye is dus absoluut 'n Bybelse werklikheid. Slegte goed wat met goeie mense gebeur het, en dis vandag nog so. Ons kan dus nie se dat daar nie 'n God is nie, omdat daar lyding is. Sy Woord se dit sal so wees. Maar, die Woord se baie meer dat God jou sal beskerm in swaar tye, as teen swaar tye.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
2. Sondeval - nie opgehef toe Jesus gekom het nie. Interessant, dat die mens wat trauma beleef, na God gryp en Hom nie verwerp nie. Jy kry baie baie meer toegewyde Christene tussen mense wat swaar kry, (en dankbaarheid), as tussen mense wat in oorvloed en voorspoed lewe.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
3. Ook interessant hoe ons lyding meet. Partykeer ly ons verskriklik met die witbrood onder die arm. As dit sleg gaan, soek (en verwyt) ons die Here, maar as dit goed gaan, vergeet ons Hom.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
4. Maar dan kom daar bitter moeilike tye met groot trauma, erge siekte, die dood van 'n kind. Dan verstaan ons dit nie. Dit is so, maar dan kom die Here met Sy liefdevolle hand en Hy vertroos ons. Dis juis dan dat die meeste mense kan getuig dat die Here daar was vir hulle. Wat mense se dat hulle nooit daardeur sou kom, as dit nie vir die Here was nie. Dan bring Hy die berusting en die vertroosting. God is soewerein, Hy skuld ons niks, ook nie 'n antwoord op slegte gebeure nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Maar Hy belowe een ding, en dis Sy liefde. Habakuk 3 se: ten spyte van alles wat kan sleg gaan, sal ek nogtans, steeds in die Here jubel. Met tyd genees Hy wonde, en bring Hy berusting. Maar Hy is altyd daar, ten spyte van alles wat op ons pad kom. En dikwels is daar tog goeie uitvloeisel uit ons lyding.
|
||


