
![]() |
@oubaas | |
Geloof is om te glo in God - vir watse rede ookal. Of vir dinge waaroor ek in die moeilikheid is, of regtig tot redding. Maar dis nie maklik vir almal nie. |
||
43
Replies
3176
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/3 |
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Hoekom glo party mense nie? Glo niks, in niks, en vind oenskynlik geen behoefte in geloof nie. Daar is verskillende redes:
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Soms vind mense dit moeilik om te glo in iets wat hulle nie kan sien nie. Soos Thomas. Hy het vir Jesus tydens die kruisiging gesien, dalk toe Hy begrawe is. En dan sien hy Hom weer na Sy opstanding. En hy glo eers toe hy die merke sien. En sy reaksie? My Here en my God.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Mense sien nie resultate nie. Glo intensief in iets, dan kom dit anders uit. Dan voel hulle dat geloof net eenvoudig nie werk nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Niks gebeur as hulle nie glo nie. Dus - why bother?
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Mense word verwar deur al die verskillende opsies. Dan kom die vraag, as sus en so dan so radikaal anders as ek glo, wie is reg? Of is albei reg?
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Soms glo ons verkeerd, of om die verkeerde redes:
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Ons glo om op een of ander manier persoonlik bevoordeel te word, dus, om iets daaruit te kry. Dan bid ons dat dit klap, vir iets wat uitdruklik teen God se wil is. Soos iets soos poppie by die werk. Nee, verkeerd!!
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Soms glo ons om ons sondige, selfsugtige begeertes te bevredig.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Geloof en die beoefening daarvan, kan selfs 'n status simbool wees.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Glo soms uit vrees, dat iets verkeerd kan gaan, of aan die anderkant, dat iets sleg sal gebeur wat ek in elk geval oor myself bring.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Tydelike geloof.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Dit sluit baie van bogenoemde in. Glo net solank ons di*nk dit nodig is. En dan is die geloof maar weer weg, vernaam as daar dan 'n goeie uitkoms was. Dikwels gaan hierdie geloof maar net om onsself. As die goeie gebeur, is die Here vergete. En as die slegte gebeur, se ons dat God onbetrokke is. Of Hy word totaal in twyfel getrek.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Waaraan hou jy tans in geloof vas? Kom ons toets ons motiewe:-
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Is dit net tot ons eie voordeel? Is dit dalk tot nadeel van ander? Het hierdie saak enige ewigheidswaarde?
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
Hebreers 11 : 1 - 31 en 39 - 40 1) Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 2 Dit is immers vanwee hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is. 3 Omdat ons glo, weet ons dat die wereld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
4 Omdat Abel geglo het, het hy 'n beter offer aan God gebring as Kain. Vanwee Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy 'n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood. 5 Omdat Henog geglo het, is hy weggeneem sonder dat hy gesterf het, en hy was nerens te vind nie, omdat God hom weggeneem het. Van hom word getuig dat hy, voordat hy weggeneem is, geleef het soos God dit wou.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
6 As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy die wat Hom soek, beloon. 7 Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red. Sy geloof was 'n veroordeling van die wereld, maar dit het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak wat deur die geloof kom.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
8 Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom. 9 Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was,
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
10 want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is. 11 Omdat Abraham geglo het, het hy, hoewel Sara onvrugbaar was en hy al te oud, krag ontvang om 'n kind te verwek, omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het. 12 Die gevolg was dat daar van een man, 'n man wat nie meer 'n kind kon verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos die sterre van die hemelruim en so baie soos die sand van die see.
|
||
![]() |
@oubaas | 6 May 10 |
13 Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is. 14 Mense wat so praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na 'n vaderland. 15 As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan.
|
||


