@oubaas | ||
Ek soek dringend na iemand wat my kan help om die verdere dagstukke vanaf die Heuning webwerf by my HEUNING en HEUNING-HONEY groepe te 'copy en paste' asb. Asook om my te help om foutiewe skakels, ens te editeer. Enige iemand wat bereid is om te help inbox my of kontak my op facebook http://www.facebook.com/oubaas55 . By voorbaat hartlike dank. Facebook blad vir hierdie onderwerp: http://m.facebook.com/groups/57350209896?view=permalink&id=10151889512009897&refid=17&_ft_=src.24%3Asty.308%3Aactrs.1177475984%3Apub_time.1348456628%3Afbid.10151889512009897%3As_obj.4%3As_edge.1%3As_prnt.11%3Aft_story_name.StreamStoryGroupMallPost%3Aobject_id.57350209896%3Aobject_timeline_token_map.Array |
||
61
Replies
16370
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/8 |
@oubaas | 7 January 12 | |
Na vele gebede was ek dankbaar geseen deurdat iemand my van toerusting voorsien het om my selfoon se battery te kan herlaai. Daar is 'n persoon is wat 1 keer per week mission toe kom, en kan ek dus op 'n gereelde grondslag die nodige fasiliteite roteer en sodoende my selfoon se battery meer gereeld herlaai. Die probleem is net dat ek so besig is op die netwerk dat ek dit net-net nie maak nie, en my foon is bietjie gehawend en boonop is 1 battery besig om te groet. Ek vra dus nederig dat ons saamstem dat 'n samaritaan of samaritane my te hulp kan wees met apparate soos uiteengesit by kommentaar. Amen. Ten eerste as iemand dalk 'n nokia e65 het wat hul nie meer gebruik nie, kan hul dit gerus na my kant toe gooi. Ek is nogal gemaklik met die foon. Dan sal 1 of 2 ekstra batterye ook welkom wees. Die generiese Isha battery blyk nogal 'n redelike kwaliteit te wees. Ek het 2. Die een wat nou agteruit gaan gebruik ek al 'n skaflike 17 maande lank. Op dit staan For nok n95. Vir die herlaai doeleindes kan ons kyk na 1 of 2 CSB GP1272 12v 28w batterye (of soortgelyk) plus 1 of 2 sonpanele wat 12v @ 20w uitsit. Wat my beligting aanbetref sit ek met 'n Pharox Solar Kit wat nie 'n goeie kwaliteit blyk te wees nie. Ek sit ook met 2 waarvan die batterye reeds die gees gegee het. Die battery tans in gebruik is: T.E.T 6M 1.3 (6v; 1.3ah) Maintenance-free rechargeable lead-acid. As ek dus 2 of meer van soortgelyke battery kan kry sal dit my baie help asook 1 of 2 sonpanele wat 6v @ 10w uitsit. Baie dankie. |
||
@oubaas | 28 February 12 | |
Geliefdes ek is regtig verlee vandag. Ek vra nie maklik geld of lugtyd nie, maar ek het dringend lugtyd asook data (vodacom) nodig vir paar dringende sake. Elke bietjie sal help. My selnr is NUL AGT TWEE 957 9443. Ek se byvoorbaat baie dankie. Geseende dag vir almal.
|
||
@gawie | 19 April 12 | |
MENSE GESOEK: Daar het waarskynlik op Dinsdag 17/04/2012 'n artikel verskyn oor en Gabriel Prinsloo en sy moeder Lena van die Pretoria-Wes omgewing. Iemand wil dringend met hulle kontak maak. |
||
@gawie | 19 April 12 | |
Is daar dalk iemand wat my kan seen met 'n 7 of 10lb gasbottel en kookplaat vir dit asb? Ek sal dit hoog op prys stel. Die gel vir die gelstofie werk my te duur uit.
|
||
@oubaas | 4 June 12 | |
Ek soek asb. DRINGEND mense wat bereid is om kos, komberse, toiletries en klere in te samel en aan ons te besorg vir 40 gesinne. Die 40 gesinne woon in die Hercules omgewing, Danville, Elandspoort en Pretoria-Wes/Proklamasie Heuwel en ook Pretoria Noord. In totaal is daar +- 140 tot 160 mense wat bedien kan word, d.w.s. 70 tot 80 volwassenes - waarvan sommige enkelouers - en 70 tot 80 kinders). Dan is daar nog 'n kinderhuis met 15 kinders ook. Die getalle groei daagliks. Baie dankie. Senwense. Gawie http://m.facebook.com/Oubaas55?v=info Lees asb.: PLEIDOOI. http://oubaas.wapgroups.com/forum/?page=topics2&tid=163181 |
||
@oubaas | 13 June 12 | |
@oubaas | 3 July 12 | |
Vriende van my trek einde Julie Pretoria toe. Die man het in Waltloo werk gekry. Hul soek dringend blyplek vir nie meer as R4500 p.m. nie, verkieslik in die omgewings soos onder genoem. Hul het 2 karre. Help soek asb. Groete. Gawie. http://m.facebook.com/oubaas55 Areas: Rietfontein, Waverley, Villeria, Gezina, Queenswood, Riveira, Kilnerpark, Silverton, Mregloed, Wonderboom Suid. |
||
@oubaas | 3 July 12 | |
Donkies vir Jesus Projek: Liewe vriende, Ek wil 'n ernstige beroep op almal doen om komberse, klere, kospakkies, ens. te help insamel en/of te skenk vir die plakkers in Bremerstraat, Pretoria, wie se skuilings onlangs tot op die grond afgebrand het. Dit was Sondag 'n hartseer gesig toe ek saam met iemand daar verby is, om te sien hoe mense en kindertjies in die oorblyfsels krap opsoek na seker waardevolle goedjies. Mense wat wil help of bydra kan my skakel by 0829579443. Afleweringsadres sal op navraag verskaf word. Baie dankie. Senwense. Gawie Janse van Rensburg. http://m.facebook.com/oubaas55 Donkies vir Jesus / Donkeys for Jesus. http://m.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805 |
||
OUBAAS Forum
Bookmarks
OUBAAS