Prodigits |
! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.
* OUBAAS > Topics
oubaas
GETUIENIS: DIE WAARHEID MAAK VRY!

Wat put mense daaruit om die waarheid te verdraai om 'n onskuldige by te kom net omdat hy sy opdragte gehoorsaam en dit so uitdra ook?
Ek was vandag in die spervuur, en glo my, twee aardsvyande het selfs saamgespan om my te ondermyn! Hoekom? Omdat hul nie hul sin kan kry nie en ander mense teiken om hul uit die weg te ruim. Dit daar gelaat...
Gelukkig ken ek die waarheid en het die twee partye mekaar so weerspreek dat hul aanslag op my totaal gefaal het!
Hoekom? Omdat die waarheid my vrymaak...
Terwyl hulle, hulle saak gestel het, het ek met die Here in my gedagtes gepraat en aan Hom ges dat ek weet nes Hy wat die waarheid is, en dat ek die 2 persone vryspreek.
Johannes 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Hemelse Vader ek dank U dat U my beskerm het en my die vrymoedigheid gegee het om die partye vry te spreek. Ek loof en prys U daarvoor. Amen.
Vrede.
4 Replies 732 Views 0 Bookmarks
topics posts

* OUBAAS Forum
fav Bookmarks

* OUBAAS

Best Android Games

Download PRODIGITS Android APP