Page #: 14/14 |
@oubaas | 8 December 12 | |
Sjoe, lees hierdie getuienis! http://m.facebook.com/groups/304095766282805?view=permalink&id=573644802661232&_rdr573813189311060 |
||
@oubaas | 4 February 13 | |
GETUIENIS VAN SUSAN MOOLMAN: Op 01/02/2013 het 'n gebedsversoek die volgende ingesluit: 2) 2 van my facebookvriende gaan tans deur 'n moeilike tyd, en mag ons Vader hul met Sy krag vul en versterk om daardeur te kom. Susan Moolman, 'n professionele haarkapster, opregte kind van God en 'n spesiale vriendin van my skryf: My onlangse ontnugtering het veroorsaak dat ek drastiese besluite moes neem. Ons trek gedurende Februarie na n Wonderlike Groot huis toe, (wat sal beteken dat ek weer tuis sal kan werk) na Court st. langs Quagga Centre, Pretoria-Wes. Ek sal dus NIE by Bell Mia Salon gaan werk NIE. Skakel my gerus vir jou volgende afspraak, aangesien dit baie veilig is agter die hek wat ek moet oopmaak. Baie dankie vir almal wat saam met ons gebid het. Susan. *PRYS DIE HERE! *Mense wat Susan wil ondersteun kan haar kontakbesonderhede by my kry. Blessings. Gawie. |
||
@oubaas | 13 February 13 | |
Kinders is dankbaar. Ricardo wat vandag verjaar het en Joshua is baie dankbaar tot die weldoeners wat vandag hul lewens opgekikker het. Ricardo se verjaarsdagkoek is net voor 18:00 vanaand ontvang, EN, daar word 'n bielie van 'n partytjie vir hom gereel vir Saterdag! Joshua het 'n splinternuwe paar skoene gekry wat hom 100% pas, en boonop het hy paar stukkies klerasie ook ontvang. Mag die Here die mense seen wat hul harte en hande oopgemaak het. |
||
@oubaas | 28 February 13 | |
GETUIENIS: PRYS DIE HERE! Wow! Gisteraand kry ek 'n gebedsversoek van iemand wat baie bekommerd was. Oornag was daar vanaf 'n onbekende bron geld inbetaal om groot verligting vir hul te bring! Prys die HERE. DANKIE JESUS! Hier is die versoek: ANONIEM VAN WES-KAAP SKRYF: Geliefde broeders en susters in Jesus Christus ek vra dat almal saambid asb. vir finansiele uitkoms vir ons asb. My man het sy eie besigheid en die besigheid het 'n ernstige knou weg omdat 4 van sy beste klinte kort opmekaar gelikwideer het en nie verder hul verpligtinge kan nakom nie. Dit laat ons in 'n lelike gemors. Daar is verbande, telefoonrekenings, water en ligte, ens wat betaal moet word. Verder moet daar kos op die tafel kom. Bid asb. saam vir uitkoms en dat nuwe werk kan inkom. God sen u. *** Diegene wat so klippe gooi na my en ander mense in nood: Mag hierdie vir jul 'n les en eye-opener wees. Ons dien 'n lewende God. Vrede vir almal. |
||
OUBAAS Forum
Bookmarks
OUBAAS