Page #: 6/6 |
@gawie | 8 April 12 | |
Oubaas het sopas vir hom die jongste model 3d TV gekoop. Hy raporteer dat die ervaring so lewensgetrou is, dat nadat hy 'n program oor misdaad gekyk het, selfs sy beursie weg was... |
||
@gawie | 11 April 12 | |
Francios: Oubaas hoekom is jou ore so vol brandmerke? Oubaas: Ek was besig om te stryk toe lui die foon. Francios: Uhm, en hoekom is jou lippe so vol blase? Oubaas: Ek moes praat ook. |
||
@oubaas | 3 February 13 | |
Doer in die ou SAS&H dae toe stoomtreine nog volop was, was Oubaas 'n treindrywer. Hy het die trein tussen Bronkhorstspruit en Pretoria gedryf. Iewers langs die spoorlyn boer Mike Schutte met o.a. hoenders. Eendag besluit die hoenders hul gaan bietjie anderkant die spoorlyn kyk wat daar te pikke is. Die onvermydelike gebeur want net op daai oomblik kom Oubaas met sy trein daar verby gesnel.... Te laat sien Oubaas die kiepies en jy sien net vere spat alle rigtings in. Hy stop die trein so vinnig as wat hy kan en loop met 'n bewende broek na Mike se opstal toe en se sover hy loop: 'Vandag is dit tiekets met my.' Daar gekom se Oubaas: 'Mike vandag vermoor jy my. Ek het pas 70 van jou hoenders doodgery.' Mike: 'Waar?' Oubaas: 'Op die treinspoor.' Mike: 'Is jy seker dis myne?' Oubaas: 'Ja dis joune. Ek ken jou hoenders.' Mike: 'Kom ons gaan kyk.' Daar gekom kyk Mike die spulletjie so aan en se vir Oubaas: 'Dissie myne nie. My hoenders is nie so plat nie!' |
||
OUBAAS Forum
Bookmarks
OUBAAS