@oubaas | ||
BOER SE RATE: ( Omdat daar so baie is word net die mees algemene klagtes hier aangedui ). Kom deel jou rate by OPPIE KOFFIE |
||
78
Replies
52736
Views
0 Bookmarks
|
Page #: 1/10 |
@oubaas | 31 March 09 | |
AAMBEIE: Eet papaja saam met die pitte. Net 'n paar pitte op 'n lepel papaja sal die aambeie laat krimp. Maak sal van 'n bietjie kanferolie, stysel en Vaseline. Smeer aan aangetaste dele. Laat 5ml pietersielie op 250ml warm water trek. Syg deur en drink 2 keer per dag.
|
||
@oubaas | 31 March 09 | |
ABSESSE: 'n Skyfie groen tamatie wat oor die abses gebind word, sal help om die infeksie te verlig. Gestampte knoffel kan om die abses gebind word. Dit is 'n natuurlike antibiotikum. Klits eiergeel en sout saam en verf op die abses.
|
||
@oubaas | 31 March 09 | |
AKNEE: Smeer aptekers paraffien aan gesig en los vir 5 minute. Was met warm water en seep en dan met yskoue water. Droog goed af. Gebruik gelyke hoeveelhede suurlemoensap en water om die vel mee te was. Drink elke dag 'n koppie brandneteltee.
|
||
@oubaas | 31 March 09 | |
ALLERGIE: Meng 10ml appelwynasyn en 5ml heuning in 'n glas warm water en drink stadig voor elke maaltyd.
|
||
@oubaas | 31 March 09 | |
ANTIBIOTIKA: Sluk een huisie knoffel daagliks met 'n glas water.
|
||
@oubaas | 31 March 09 | |
ARE ( VERKALKING ): Sluk een teelepel wit Vaseline of petroleumjellie twee keer per dag. Drink soveel karringmelk of dikmelk as moontlik. Die suurmelk vreet die verkalking weg. 1 eetlepel salpeter, 1 bottel wonderkroonessens en 1 bottel kookwater. Gebruik 3 maal per dag 1 eetlepel daarvan.
|
||
@oubaas | 31 March 09 | |
ARTRITIS: Halwe Teelepel kremetart in 'n glas water op 'n nugter maag, elke oggend. 'n Koppie rooibostee soggens en saans met 2 teelepels heuning, 2 teelepels suurlemoen of appelasyn. Gebruik Break Fluid van motors. Dip dit op die seer plekke. Nie smeer nie.
|
||
@oubaas | 31 March 09 | |
ASEM ( SLEGTE ): Kou rou pietersielie. Drink tee van laventelblare of blomme. Kou sade soos anys, koeksaad, dille of vinkel.
|
||
OUBAAS Forum
Bookmarks
OUBAAS